Subscribe by Email

CDP betreur Jansen se opmerkings oor Christelike universiteit

“Die Christen-Demokratiese Party (CDP) betreur die ongelukkige voorstellings wat die rektor van die Vrystaatse Universiteit, prof. Jonathan Jansen oor die voorgestelde Christelike universiteit gemaak het.

“Die gedagte met hierdie projek is nie om, soos Jansen beweer, ‘n wit universiteit daar te stel nie, maar juis ‘n universiteit wat ook studente van oor die hele wêreld kan trek,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Die CDP is ten gunste van ‘n universiteit met ‘n duidelike Christelike etos wat hoër onderwys van topgehalte lewer, en verantwoordelike wetenskap doseer.

“Ons probleem met ‘n bepaalde sekulêre vertolking van godsdiensvryheid is, is dat dit manifesteer as die effektiewe wegdoen van godsdiens buite die kerkgebou se mure. Van vryheid bly min oor as ateïstiese denke effektief afgedwing en godsdiens ondergrawe word.

“Ons vertrou dat Die Burger die skade wat deur Jansen se feitefoute aangerig is, sal regstel.”