Subscribe by Email

CDP bekommerd oor Salga se reaksie op OG se munisipale verslag

“Ons hoop werklik dat die opmerkings deur Salga se voorsitter, Thabo Manyoni, dat die erns van die bevindings van die Ouditeur-generaal nie oordryf moet word nie, nie deur die regering gedeel sal word nie.

“Dit is moeilik om ‘n mens in te dink dat ‘n bevinding dat slegs 5 % van die land se munisipaliteite, en nie een van die metro’s nie, skoon oudits kry, as enigsins iets anders as baie ernstig beskou kan word,” aldus die CDP se woordvoerder, Linda Pretorius.

“Manyoni, wat ook die uitvoerende burgemeester van Mangaung is, het ‘n lang geskiedenis van die druip van verslae van die Openbare Beskermer wn die Ouditeur-generaal soos hy ontplooi is – van die ontbinde Vrystaatse Departement van Ekonomiese Sake na die provinsiale Toerismeraad, die provinsiale dobbelraad, die munisipaliteit in Qwaqwa en toe as munisipale bestuurder van Mangaung. Voor hy as burgemeester van Mangaung ontplooi is, het die hof verskeie tenders van die departement waarvan hy LUR was, die departmenet van Paaie, Openbare Werke en die Polisie, tersyde gestel en is die departement deur die president onder administrasie geplaas.

“Dit lyk eerder of Manyoni se vernaamste bate die feit is dat hy ‘n lojalis van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en provinsiale ondervoorsitter van die ANC is.

“Ons vind dit as in baie swak smaak dat iemand met so ‘n besoedelde rekord die erns van die OG-verslag kan afmaak.

“Dit lyk of Salga se argument is dat as ‘n baie siek pasiënt sterf, is die pasiënt nie meer siek nie en is die probleem opgelos. Met hierdie soort argumente gana ons kort voor lank hoor die kaders verdien weer bonusse en reuse verhogings – terwyl hul werk beroerd is.”

2 Responses to CDP bekommerd oor Salga se reaksie op OG se munisipale verslag

  1. NieSoSeker

    Julie 30, 2012 at 7:31 am

    Dit lyk vir my al te verdag. Almal is dit eens dat die munisipaliteite nie funksioneer nie, maar selfs teen 5% bevoegdheid klink dit na ‘n belaglike stelling. Teen die trant moes die vlak van dienslewering alreeds totaal verval het. Dienslewering is wel swak, maar nie dit wat voorgegee word nie.

    Stellings soos die is ekstreem.

    Vra vir Limpopo wat gebeur as die provinsiale vlak nie kan byhou nie. Die sentrale vlak neem oor.

    Hierdie is die gewoontmaak aan die totale verval al is dit teen dit wat waargeneem word sodat daar uiteindelik deur die sentrale regering oorgeneem word!

  2. Pingback: Nuuskommentaar: Eietydse inkwisisie en halssnoermoorde of groter betrokkenheid van die burgerlike samelewing? | Maroela Media