Tuisblad » Vermaak
You are browsing entries filed in “Vermaak”

Die ampswoning van die Nederlandse premier in Den Haag heet die Catshuis. Dit het egter niks te make daarmee dat dié huis uit die Middeleeue dateer toe die prins of sy eerste minister balhoriges met die kats – toe nog cats gespel – laat bydam het nie. Trouens, die huis wat in 1652 betrek is, [...]
4:46 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Onlangs het die Japannese 11 Maart verlede jaar se groot aardbewing van magnitude 9 en tsunami herdenk. Dié ramp het nie net groot lewensverlies en skade veroorsaak nie, maar ook gehelp om die wêreldekonomie se gesukkel te stook, en Japan se wenteldeur-premiersopvolging tydelik versnel. Amper net mooi ‘n jaar later, op 14 Maart, het ‘n [...]
10:26 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Pas is trots in Antwerpen aangekondig dat ‘n bier wat meer as ‘n 100 jaar gelede van die mark verdwyn het, pas weer op die rakke begin verskyn het. Die bier, Seefbier, was destyds so gewild dat ‘n woongebied, Seefhoek, daarna vernoem is. Herrie was skynbaar nog te nat agter die ore toe dié bier [...]
6:21 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Binnekort geld die Wet van Transvaal – of liewer, Gauteng. Die e-tolstelsel wat die Gautengers nou so op hol het, gaan egter wyer slaan. Om die tolgeld bietjie meer leefbaar te maak, help die res van die land nou deur ‘n brandstofheffing betaal. Vir paaie wat die Blikore self selde of ooit gebruik. Met die [...]
8:39 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Met Afrikaans wat nou so noustrop trek, en die gereelde verweer (van die owerheid) dat elf amptelike tale nie prakties is nie (raai wie het daarop aangedring?) lees Herrie van ‘n jong Brit wat elf tale onder die knie het. Nie soos net ‘n paar woorde ken nie, nee, hy praat hulle almal. Nederlandse wel [...]
3:56 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Die heel tyd wat die uwe lees aan oud-redakteur van die Volksblad, Hennie van Deventer se storie oor kaalmoles, is dit of daar iets, iets van de ja vu wil –wil deurbreek. Die nuus oor oud-minister Piet Badenhorst se afsterwe het op ‘n vreemde manier die grysstof agtermekaar gekry. Piet was naamlik die adjunk-minister verantwoordelik [...]
8:29 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Kort op die nuus dat oud-minister Piet Badenhorst na sy permanente tuiste vertrek het, kom die nuus dat oud-premier Winkie Direko ook haar tassies vir die laaste reis gepak het. Herrie se paaie met dié van oud-minister Badenhorst het ook ‘n spoor deur die Oos-Vrystaat geloop. Dié dag moes Herrie skielik instaan as privaat sekretaris, [...]
12:54 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Groot Herrie gaan binnekort saam met die kerk se studente op toer na Mosambiek toe. Met dié dat mense tot in Pretoria malaria gekry het, is voorsorgpille hoog op die agenda. En, onthou Herrie, daai pille is bitter pille. En ‘n mens moes so baie daarvan drink. Maar pille is nie nuut nie. Twintig jaar [...]
12:31 pm | Posted in Nuus,Vermaak | Lees Verder »
Met ‘n besoek aan ‘n wel belese vriend besef ek opnuut die waarde van geduld en geestes waardes. Die Engels verwys daarna as “selling your soul”. Die storie was eintlik iewers 2011 in Die Burger gepubliseer. Kunstenaars word “gemaak” in die Rockefeller Centre op die 64ste vloer. Dis daar waar Bob Dylan in die vroë [...]
9:40 pm | Posted in Suid-Afrika,Vermaak | Lees Verder »

By geleentheid, by ‘n landboukongres, praat die manne en vra so onder mekaar hoe hulle by die kongres gekom het. ‘n Paar manne se antwoord: “Ek het sommer met die Boeing deurgekom.” So asof daar ‘n klomp boere is wat ‘n Boeing in hul stoor aanhou. Die afgelope week was Herrie gou vir ‘n heen [...]
1:33 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »