Tuisblad » Vermaak You are browsing entries filed in “Vermaak”

Blik Oor oor nieu-Fanagalo

zillezuma

Aan almal wat inderhaas kaalbasfoto’s laat neem het met die oog daarop om roem op ‘n DASO-plakkaat te haal – jammer, die valbyl het geval. Volgens die jongste internetweergawe het die prez self en Helen Zille dié eer te beurt geval. Blik, synde geen “oilpainting” nie, sal maar wyd hou van sy se bakkies op [...]

2:14 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Kerneels die bobaasbok

Gediertetjie

Herrie was nog verbaas om te lees die Indiane in Peru het sowat 7 000 jaar gelede al soveel variëteite van die mielie geplant dat hulle onder andere al springmielies gemaak het, toe hy lees die oudste gedomestiseerde hondeskedels wat in Siberië en België gevind is, is 33 000 jaar oud. Dit blyk dat die [...]

2:30 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Sondagmôre op die plaas

bul

Sondagmôre op die plaas (Afrikaanse woorde vir Beautiful Sunday) Sondag môre op onse plaas Word ek wakker van ‘n groot geraas O, o, o dis die bul wat daar blaas. Ek skrik, en luister skoon verbaas Na daai bul wat dink hy is nou die baas Ai, ai, ai nou roer dit op die plaas [...]

8:44 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Om ‘n trol te vang

Trol

Dis baie sleg vir iemand wat sy hand aan die pen slaan om nie soms ‘n vorm van terugvoer te kry nie. Kyk maar hoe omgesukkel was die boere juis vir oom Dirk se Grondsake oor die lotjie se skynbare onvermoë om selfs op berge korrespondensie te antwoord. Of om vir die misipaal kopie na [...]

3:30 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Die kat in die sak

Gediertetjie

Namate die Herries se woonbuurt toegebou geraak het, het die natuur ook grootliks teruggetrek. Dis jare dat daar laas tarentale of hase in die Herries se erf kom skoffel het. En die haas wat gereeld by vriende van die Herries se kat kom kuier het en, by wyse van spreke, ‘n hond uit ‘n bos [...]

2:07 pm | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Groot leemte toe sendingveteraan groet

Biddende hande 2

Oom Danie Hoffman was nie groot nie, maar noudat hy nie meer daar is nie, laat hy ‘n yslike leemte. Oom Danie, afgetrede sendeling wat onder meer in Zambië gearbei het, het pas op amper-amper 92 afskeid geneem. Dit voel soos nou die dag, maar toe Herrie sy vingers inspan besef hy dis veertig jaar [...]

2:58 pm | Posted in Algemeen,Geloof,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Met die maan gepla

Gediertetjie

In die jaar 2012 sou ‘n mens dink dat die mensdom se kennisveld ‘n bietjie meer gevorderd is as ‘n 100 of 200 jaar gelede. Nou skaaip selfs die ouer mense met hul kinders wat oorkant die groot waters woon. Tweehonderd jaar gelede het die Amerikaners en die Britte mekaar in ‘n oorlog aangedurf, en [...]

8:43 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Dikbek die nuwe jaar in

Gediertetjie

Dit sit nie in enige man se broek om met Pumba te gaan stap nie. Of moet ‘n mens eerder sê, dit stap nie in enigeen se broek nie? Hoe dit ook al sy, so amper val Herrie die nuwe jaar hard binne. Soos gebruiklik is Herrie vanoggend saam met Pumba na die keraats op [...]

7:33 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Herrie se kerrie: Chorba El Jourad vir die Kerstafel (behalwe in Oeganda)

Sprinkane

Die Herries se Kerstafel kreun nou wel nie vanjaar onder ‘n gemeste kalkoen nie, maar daar is ook nie ‘n Oegandese lekkery op wat Herrie nou glad nie mis nie. Sprinkane. Of springhanen, soos Trouw berig wat Herrie redelik geTrouw lees. Weens die tekort aan sprinkane het die prys van hierdie lekkerny verdubbel. Die rede, [...]

10:03 am | Posted in Algemeen,Resepte,Vermaak | Lees Verder »

Twee Kersfeesstories met ‘n glimlag

Engelkoor

Kersgeskenk op bêk ôrder Die driejarige Kallie se beentjies wat onder sy kort broekie uitsteek, woer behoorlik soos hy by ma probeer byhou terwyl sy die laaste inkopies voor Kersfees doen. Gewoonlik kan Kallie nie met beloftes van roomys en tjips omgepraat word om saam met ma dorp toe te gaan as ma inkopies doen [...]

11:57 am | Posted in Algemeen,Vermaak | Lees Verder »

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan