Tuisblad » Rugby
You are browsing entries filed in “Rugby”

Die Springbokke het na die uitspeelrondtes deurgedring na Bryan Habana vroeg in die toets teen Samoa deurgesuiker het, en Morné Steyn die Springbokke met ‘n doelskop en twee strafdoele vroeg met 13 – 0 laat voorloop het.Hoewel die Samoane die laaste sê op die telbord gehad het met ‘n ongekroonde drie, kon dit nie verhinder [...]
9:54 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Die Omstrede Australiese skeidsregter, Stuart Dickenson, het pas aangekondig dat hy met onmiddellike effek op 43-jarige ouderdom uittree. Dickenson het in 47 toetse die fluitjie hanteer na hy in 1997 die eerste keer in ‘n toets die skeidsregter was. Dit was ‘n wêldbeker-kwalifiserende wedstryd tussen Tahiti en Papua Nieu-Guinee. Waar die Auusies vol lof is [...]
8:34 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Jare gelede had Dawie Snyman ‘n skitterende losskakelwedstryd agter die blad. Dok Danie Craven wens hom na die wedstryd geluk, maar noem toe dat hy, Dawie, in daardie wedstryd ‘n groot flater begaan het. Dawie val vir Dok in die rede met: “Ek weet, daardie keer toe ek die bal vanuit my eie kwartgebied uitgeskop [...]
11:43 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

‘n Skepdoel was uiteindelik die punteverskil tussen die Leeus en die Blou Bulle, maar daardie drie punte het die Bulle by die Griekwas op die punteleer laat verbyskuif. Maar, soos ‘n Bulle-ondersteuners na die tyd opgemerk het, die Blou Bulle het die Leeus met dertien spelers geklop, terwyl die Leeus al 15 spelers plus die [...]
5:22 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Vyf ligapunte was wat die Cheetahs nodig gehad het, en vyf punte is wat hulle gekry het deur vyf keer agter die Haaie se doellyn te gaan kuier in hul jaagtog om ‘n vyftigtal teen die piesangboere op te stapel. Dit beteken egter nie die Haaie het nie opgedaag nie – die besoekers het self [...]
3:22 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »
Die yslike strafskop wat Frans Steyn teen Fidji deur die pale gejaag het, is wel iets besonders, maar nie uniek in Suid-Afrikaanse rugby nie.Die interessantheid is dat heelwat van die monsterskoppe van 60 meter en verder op die een of ander wyse ‘n Vrystaatse klankie het. Selfs die feit dat ‘n Blikoor op die skoolbanke [...]
3:19 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Donderdag het ‘n yslike aardbewing van M 7.3 Fidji geskud. Vandag het die Springbokke die eilandbewoners tot in hul fondamente geskud en in hul wêreldbekerwedstryd met 49 – 3 koning gekraai. Belangrik, die Bokke het ‘n bonuspunt met hul ses drieë verdien, na hulle danksy skeel lynregters naelskraap teen Wallis deurgeskuur het. Die Fidjiane was [...]
9:17 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

In die anale van wêreldbekerrugby sal aangeteken staan: die Springbokke het hul openingswedstryd van die 2011-wêreldbekertoenooi teen Wallis gewen. Wallis het opgedaag, en was dit nie vir ‘n windskewe strafskop, en nog een wat op TV gelyk het of dit oor was maar as mis beoordeel is nie, was die Rooi Drake aan die wenkant. [...]
11:03 am | Posted in Algemeen,Nuus,Rugby,Suid-Afrika | Lees Verder »

‘n Gelykopuitslag is miskien – gegewe dat as verbrande hout is – die beste uitslag vir die stryd tussen die Blou Bulle en die Cheetahs op die Vrystaatstadion. Elke span het een keer ‘n gekroonde drie geplant, terwyl elke span ook vyf strafskoppe deur die mikke gejaag het. Veral Johan Goosen, die Cheetahs se jong [...]
5:28 pm | Posted in Algemeen,Rugby | Lees Verder »

Elf drieë teen die Pumas en agt teen die Luiperds – veral vanjaar waar die twee aspoestertjiespanne die grotes gereeld dreun – lyk goed, baie goed, maar verklaar nie hoekom die Cheetahs se wiele net so maklik in ander wedstryde loskom en afval nie. Nou lê die gekweste Blou Bulle voor, al speel die Cheetahs [...]
6:09 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »