Tuisblad » Rugby You are browsing entries filed in “Rugby”

Halfeindstryde

Rugby

Die spaanders gaan Saterdag waai wanneer die halfeindstryde om vanjaar se Curriebeker plaasvind. In die “hoofwedstryd” speel die Ligawenners, die Goue Leeus, in Johannesburg teen die WP wat sy wêreldbekerspringbokke weer beskikbaar het, en in die ander speel die Haaie op hul tuisveld teen die Cheetahs. Die Cheetahs het net ‘n beseerde Springbok uit die [...]

7:50 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Curriebeker-uitspeelrondtes begin vorm aanneem

Rugby

Met nog ‘n ligawedstryd oor in vanjaar se Curriebekerreeks is die Goue Leeus reeds seker daarvan dat hulle die ligafase gewen het. In die halfeindstryd, en as hulle deurdring, die eindstryd, sal die Leeus dus ‘n tuisvoordeel hê. Die Haaie en die Cheetahs het ook reeds na die halfeindrondte deurgedring, maar hul plekke op die [...]

5:20 am | Posted in Algemeen,Nuus,Rugby,Sport,Suid-Afrika | Lees Verder »

Cheetahs skraap deur

Rugby

Witbank mag dalk nie meer Witbank wees nie, maar as die Pumas eers ysterklou in die grond slaan, bly dit dieselfde – groot spanne kou klippe en sweet bloed. Die Cheetahs sal self eerste in die tou staan om te erken dat hulle gelukkig was om met hierdie ekskursie ‘n bonuspunt-oorwinning teen die geel-kaart-uitgedunde Pumas [...]

8:52 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Cheetahs stu voort

Rugby

So byna het die Cheetahs weer ‘n neerlaag uit die kake van ‘n oorwinning geruk. En weer was dit ‘n doellose mamparraskop wat punte teen die Cheetahs beteken het. Vir ‘n groot deel van die seisoen lyk dit of die Cheetahs rustyd verklaar, en dan ‘n eerstehelftevoorsprong probeer verdedig. Dis so anders as die span [...]

9:04 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Bielie-rugby die naweek verwag

Rugby

Weer eens lyk dit of die Curriebekerwedstryd tussen die Goue Leeus en die Cheetahs die naweek se mooiste rugby kan oplewer. Beide spanne is besonder goed toegerus om aanskoulike rugby op te dis – van heelagter tot die stutte wat die bal kan dra, en talle spelers wat skitterend op dreef is, hou weer die [...]

10:42 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Bokke deur in wêreldbeker

Springbokke3

Die Springbokke het na die uitspeelrondtes deurgedring na Bryan Habana vroeg in die toets teen Samoa deurgesuiker het, en Morné Steyn die Springbokke met ‘n doelskop en twee strafdoele vroeg met 13 – 0 laat voorloop het.Hoewel die Samoane die laaste sê op die telbord gehad het met ‘n ongekroonde drie, kon dit nie verhinder [...]

9:54 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

“Vrotste skeidsregter wat asemhaal” hang stewels op

Dickenson

Die Omstrede Australiese skeidsregter, Stuart Dickenson, het pas aangekondig dat hy met onmiddellike effek op 43-jarige ouderdom uittree. Dickenson het in 47 toetse die fluitjie hanteer na hy in 1997 die eerste keer in ‘n toets die skeidsregter was. Dit was ‘n wêldbeker-kwalifiserende wedstryd tussen Tahiti en Papua Nieu-Guinee. Waar die Auusies vol lof is [...]

8:34 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Rugby: Om te kan skop

skop

Jare gelede had Dawie Snyman ‘n skitterende losskakelwedstryd agter die blad. Dok Danie Craven wens hom na die wedstryd geluk, maar noem toe dat hy, Dawie, in daardie wedstryd ‘n groot flater begaan het. Dawie val vir Dok in die rede met: “Ek weet, daardie keer toe ek die bal vanuit my eie kwartgebied uitgeskop [...]

11:43 am | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Spanning in Curriebekernaweek

Rugby

‘n Skepdoel was uiteindelik die punteverskil tussen die Leeus en die Blou Bulle, maar daardie drie punte het die Bulle by die Griekwas op die punteleer laat verbyskuif. Maar, soos ‘n Bulle-ondersteuners na die tyd opgemerk het, die Blou Bulle het die Leeus met dertien spelers geklop, terwyl die Leeus al 15 spelers plus die [...]

5:22 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Cheetahs sleep Haaie op droë grond uit

Rugby

Vyf ligapunte was wat die Cheetahs nodig gehad het, en vyf punte is wat hulle gekry het deur vyf keer agter die Haaie se doellyn te gaan kuier in hul jaagtog om ‘n vyftigtal teen die piesangboere op te stapel. Dit beteken egter nie die Haaie het nie opgedaag nie – die besoekers het self [...]

3:22 pm | Posted in Algemeen,Rugby,Sport | Lees Verder »

Recently Commented

  • Tiaan: Ek wonder hoe kyk mens iemand weer in die oe as jy sulke goed doen en dan is daar nog wit afrikaaners...
  • Herman: Dankie vir die raad. Ou laai van my – hoe korter ek ‘n artikel moet maak, hoe instinktief meer...
  • PietPress: Ouboet – jou sinne is te lank. G’n mens kan jou argument volg as mens so lomp in Afrikaans...
  • Johan: Sal daar ooit finale antwoorde wees op al die vrae? Sal daar ooit geregtigheid geskied oor die onreg deur die...
  • Ralie Swart: Hierdie stuk moet in Engels vertaal word en aan die Eerste minister in Engeland gestuur word. Plus al...
  • johan b: ten laaste is daar nog sa burgers wat bymekaar kan staan