Tuisblad » Krieket
You are browsing entries filed in “Krieket”

Die Titane het dié somer se meerdagreeks oortuigend gewen, toe die manne van die Noorde die Dolfyne in hul laaste wedstryd vernederend gelooi het. Die Kaapse Kobras het in die tweede plek geëindig na die Kapenaars nie daarin kon slaag om die Leeus kaf te draf nie, en die sentrale streek se Ridders het in [...]
9:26 am | Posted in Krieket,Nuus,Sport,Suid-Afrika | Lees Verder »

Voor die aanbreek van die pas afgelope kriekettoer van die Sri Lankane in Suid-Afrika was kommentators dit basies eens dat die eilandbewoners afgeslag gaan word. En soms het dit so gelyk. Maar die Sri Lankane het een van die drie toetse oortuigend gewen, en in die laaste twee van die vyf eendagwedstryde die Proteas les [...]
11:31 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Wanneer moet ‘n krieketspeler die sprong van klubkrieket na provinsiale krieket, en van daar af weer na die toetsspan maak? Vir die uwe is dit ‘n sensitiewe vraag – my krieketwêreld was net goed gevorm toe eers Peter van der Merwe en daarna Ali Bacher se Springbokspanne die Aussies afgeslag het. Die name waarmee ek [...]
2:48 pm | Posted in Algemeen,Krieket,Nuus,Sport | Lees Verder »

Die stryd van die Titane, en die Titane self gaan nie eens in die betrokke wedstryd speel nie. So kan die komende meerdagwedstryd tussen die liga-voorlopers, die Ridders, en die eendagkonings, die Kaapse Kobras in Kimberley beskryf word. Die Ridders is na die afgelope sarsie wedstryde steeds bo-aan die punteleer na hul vernaamste teenstanders in [...]
7:03 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Sri Lanka, wat op ‘n reuse aapstert vir die Proteas uitgeloop het, is ‘n dag vroeër as geskeduleer iets van die verlede, maar Suid-Afrikaners gaan vandag steeds kookwater krieket kan volg. Die aandag op die plaaslike meerdagreeks is skielik nog meer onder die vergrootglas, nie net omdat die reeks [...]
7:44 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

‘n Droomdebuut vir die jong slagbouler van die Titane, Marchant de Lange, het kort na dié jongeling sewe paaltjies vir 81 lopies platgetrek het, ‘n nagmerrie geword toe sy span desperaat moes spartel om ‘n opvolgbeurt te moes afweer. Met reën wat in die tweede toets tussen die Proteas en Sri Lanka ‘n rol gaan [...]
8:41 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Die Proteas het die Sri Lankane in hul openingstoets in Centurion met meer as ‘n beurt kafgedraf, maar die vraag hang steeds in die lug na die Proteas vroeër teen die Aussies nie so maklik gehad het nie: Speel Suid-Afrika met sy sterkste moontlike span? Word na die huidige puntestand van die Supersportreeks gekyk, maak [...]
9:45 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Die 22-jarige sterkolwer van die Vrystaat, Rilee Rossouw, het van sy besering herstel en is gereed om weer sy plek in die Knights-span in te neem. Dit lyk egter of dit nie net sommer ‘n geval is van in die span instap nie – nie een van die Knights steek nou werklik hande op om [...]
1:25 pm | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Twee onegkroonde Blikore kry kans om hul beste voetjie voor te sit om ook in aanmerking te kom om die Proteas op die krieketveld te verteenwoordig. Rilee Rossouw en Dean Elgar klop nou al ‘n ruk hard aan die deur, en het al alles met veral die wilgerlat vermag behalwe om gekies te word. Elgar [...]
11:45 am | Posted in Algemeen,Krieket,Sport | Lees Verder »

Terwyl verlede seisoen se groot kanonne rondom hom kanonvoer was, het die Knightskolwer, Obus Pienaar gewys dat die keurders se vertroue in hom geregverdig was deur 212 lopies teen die Titane te moker.- Herman Toerien Met spelers soos Dean Elgar en Rilee Rouuw wat elk net sewe lopies bymekaar kon skraap, was dit duidelik dat [...]
8:55 am | Posted in Krieket,Nuus,Sport | Lees Verder »