Tuisblad » Suid-Afrika
You are browsing entries filed in “Suid-Afrika”

Dit is reeds byna 21 jaar sedert die laaste apartheidswet uit die wetboek geskrap is. Daar is geen aandklok meer nie, daar is met passe weggedoen, en tuislandgrense word nie meer op landkaarte aangedui nie. Maar die mieliegordyn staan so onverbiddelik sterk soos wat die Berlynse Muur eens was, en soos die Yster- en Bamboesgordyne [...]
9:52 am | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Agri Gauteng was die gasheer vir ‘n werksessie van die provinsiale veediefstaleenheid van die SA Polisiediens (SAPD) in Gauteng, wat oor die tydperk 24 – 25 Januarie 2012 by Agri SA se kantoor in Centurion gehou is. Lt Kol Scott, die koördineerder van Veediestaleenhede in Gauteng, het ‘n leidende rol in die werksessie gespeel wat [...]
9:43 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Nadat dit duidelik geword het dat daar hierdie jaar reeds ’n toename in plaasmoorde blyk te wees in vergelyking met verlede jaar, het TLU SA sy aksie teen plaasmoorde aangekondig. Sedert die begin van Januarie vanjaar is ses landbou produsente reeds op hulle plase vermoor in vergelyking met die een moord verlede jaar Januarie. Mnr. [...]
9:38 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om van Woensdag af betrokke te wees wanneer 15 jaar van aborsies op aanvraag in Suid-Afrika herdenk word. “Konserwatief bereken is meer as ‘n miljoen babas geaborteer sedert dit in Suid-Afrika gewettig is, al is meeste Christlike kerke teen dié praktyk gekant en terwyl peilings [...]
11:34 am | Posted in Algemeen,Geloof,Nuus,Regsnuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Min sake stel waarskynlik Suid-Afrika se oënskynlike politieke skisofrenie so aan die kaak soos aborsies op aanvraag. Woensdag is dit presies 15 jaar sedert Suid-Afrika een van die lande van die wêreld geword het waar aborsies op aanvraag gewettig is. Sedertdien is die wetgewing ook aangepas om Suid-Afrika een van die lande met die “liberaalste” [...]
10:14 am | Posted in Algemeen,Geloof,Nuus,Regsnuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Studente gaan saam met ʼn afvaardiging van AfriForum Jeug hulself op Maandag, 30 Januarie 2012 swart verf voor die departement van hoër onderwys en so protes aanteken teen die rasseteikens wat dié departement vir die Universiteit van Pretoria (UP) se Fakulteit Veeartsenykunde stel. AfriForum Jeug verteenwoordig tans sowat 30 leerlinge wat gesamentlik 190 onderskeidings in [...]
11:26 am | Posted in Algemeen,Nuus,Regsnuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die burgerregtegroep, AfriForum, en sy jeugafdeling, AfriForum Jeug, het vandag ʼn gesamentlike veldtog teen die eensydige oorvertelling van Suid-Afrika se geskiedenis vir die bereiking van politieke doelwitte aangekondig. Die besluit om met die veldtog te begin, is geneem nadat AfriForum in die afgelope maand verskeie klagtes van die publiek ontvang het oor eensydige weergawes van [...]
1:53 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die burgerregte-inisiatief, AfriForum, het gister in die Noord-Gautengse hooggeregshof ʼn interdik teen Standard Bank en FNB verkry om twee bankrekenings waarin die opbrengste van die onwettige grondverkope aan plakkers in die Wallmansthal-omgewing gedeponeer word, te vries. Dié aksie volg nadat dit aan die lig gekom het dat ʼn korrupte oudpolisieman, Richard Makene, die afgelope maande [...]
11:59 am | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Verslaggewers Sonder Grense, met sy hoofkantoor in Parys, Frankryk, het gister sy jaarlikse persvryheidsindeks bekend gemaak. Na dié organisasie onlangs gewaarsku het dat die Suid-Afrikaanse regering die breë weg bewandel met sy beoogde wet op Staatsinligting en mediatribunaal, was dit duidelik dat die land verder op die persvryheidsindeks sou terugsak. Suid-Afrika beklee nou saam met [...]
10:10 am | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

CDP reageer op SA se kreeftegang op persvryheidsindeks “’n Regering kan nie maar net aanhou die verkeerde seine oor persvryheid uitstuur, en nie ook verwag om die gevolge te dra nie,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) in sy reaksie op die nuus dat Suid-Afrika nog verder op die persvryheidsindeks die [...]
1:09 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »