Tuisblad » Sake
You are browsing entries filed in “Sake”

Die indeks oor korrupsie wat gister deur Transparency International bekend gemaak is, is wel nie dieselfde as die gewone korrupsie-persepsie-indeks nie, maar dit is nie minder belangrik nie. Gister se indeks meet die persepsie oor betalers van omkoopgeld in ‘n land se geneigdheid om buitelandse maatskappye om te koop. Dit gee dus byvoorbeeld geen aanduiding [...]
7:36 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Hoewel Suid-Afrika se amptelike en nie-amptelike werkloosheidskoers besonder hoog is, is die werkloosheidsprobleem nie uniek aan dié land nie. Die Europese statistiekdiens, Eurostat, het pas syfers bekend gemaak waaruit dit blyk dat die Eurosone se werkloosheidskoers sedert die middel van verlede jaar nie onder tien persent kon daal nie. In September vanjaar was daar meer [...]
9:53 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die afgelope paar jaar dra Suid-Afrika die twyfelagtige eer van die land met die hoogste inkomstegaping ter wêreld. Grootskaalse werkloosheid met die gepaarde armoede dra by tot dié toedrag van sake, en die radikale uitsprake binne die ANC-jeugliga is ‘n daaglikse herinnering dat die politiek-sosiologiese model van relatiewe deprivasie so geldig bly soos altyd. Kernagtig [...]
7:36 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake | Lees Verder »

Terwyl Transnet sy voete sleep om die parlementêre opdrag uit te voer om die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) aan te vul sodat die beloofde verhogings en terugwerkende betalings aan die verarmde pensionarisse kan plaasvind, het Transnet ‘n bedryfswins van R5,5 miljard getoon volgens die maatskappy se half-jaarlikse verslag. “Dit is ‘n skande dat pensioenarisse krepeer [...]
2:29 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die Vryheidsfront Plus het in reaksie op die Kommissie vir Gelyke Indiensneming (GKI) se 2010-2011 jaarverslag wat vandag in die parlementêre portefeuljekomitee van arbeid bespreek is, die kommissie gekritiseer omdat die jaarverslag slegs fokus op die indiensnemingsteikens van die top en senior bestuursvlakke in die privaatsektor. “Dit word nou al ‘n afgesaagde deuntjie, want die [...]
6:59 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »
Begrotings, insluitende mediumtermyn-begrotings, is meer as net die berekening van inkomstes en hoe die aanwending van uitgawes hanteer gaan word. Dit moet ook gebruik word om ekonomiese groei te stimuleer, en die ekonomie op die regte plekke te laat groei om as doeltreffende enjinkamer vir die hele ekonomie te dien. Die sogenaamde mini-begroting wat gister [...]
6:23 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake | Lees Verder »

Pres. Nicolas Sarkozy het die Britse eerste minister, David Cameron, duidelik geïrriteerd met die tong bygedam: Die Britte vertel ons tydig en ontydig dat hulle niks van die Euro wil weet nie, maar nou deel hulle heeldag ongevraagde advies uit oor hoe ons die Euro-situasie moet hanteer.Lidlande van die EU wat nie deel van die [...]
7:55 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Wêreld | Lees Verder »

Terwyl ‘n ligte storm steeds woed oor die staat se motiewe vir die sensusvraag oor mense se ras berig die FW de Klerkstigting dat bruin mense in die Wes-Kaap die stigting om hulp genader het omdat die Departement van Korrektiewe Dienste ‘n nasionale raskwotastelsel op dié provinsie van toepassing maak. Die implikasie is kortom: Bruin [...]
10:10 am | Posted in Algemeen,Nuus,Regsnuus,Sake | Lees Verder »

Die wêreldwye ekonomiese krisis onderstreep hoe belangrik dit is dat die verskillende politieke wetenskappe nie net die gebeure beskryf nie, maar ook die dinamika daarvan begryp. Die Wall Street-besetting wat na verskillende wêreldstede uitkring dui daarop dat ‘n kollektiewe vinger iewers heen wys, en daardie uitgewysde begin al hoe duideliker uitkristalliseer. Dit het ook ‘n [...]
6:25 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Terwyl die polisiehoof, Bheki Cele en sy topbestuur in die parlement kleitrap om die polisie se geldsake te verduidelik, en die hoof van die vervolginsgesag op kort kennis nie voor ‘n parlementêre komitee verskyn om verantwoording te doen nie, meen die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Willie Hofmeyr dat sy eenheid 7 000 eerder as [...]
6:51 am | Posted in Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »