Tuisblad » Sake
You are browsing entries filed in “Sake”

Terwyl analiste nog die ANC se eeufees ontleed en prof. Hussein Soloman van Kovsies mense selfs aanmoedig om weens die ontaarding van die ANC vir die res van die jaar swart roubande te dra; en terwyl die oë van die wêreld onrustig op die Europese ekonomie gewerp word, het iets amper stil-sil gebeur wat Suid-Afrika [...]
11:44 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

In die Nederlandse stad Alkmaar het ‘n groep mense ‘n vindingryke plan beraam om in die nuwe jaar groot geld te maak. Hulle het ‘n besonder swaar muntpers vasgelê pas dit klaar gerestoureer is… Die polisie krap kop oor hoe die diewe dié loodsware pers verwyder gekry het. Dwars oor die wêreld is regerings besig [...]
7:54 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Wêreld | Lees Verder »

In ‘n toespraak vandag in Switserland het FW de Klerk die netelige probleem van die voortdurende gaping tussen rykes en armes in Suid-Afrika aangespreek. Mnr De Klerk het daarop gewys dat Suid-Afrika ‘n lang en ongelukkige geskiedenis van ongelykheid het. Vir die hele tydperk tussen 1925 en 1960 het die swart aandeel van persoonlike inkomste [...]
1:49 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die goeie nuus is dat Suid-Afrika onder die mins korrupte lande op die Afrika-kontinent tel. Die slegte nuus is dat Suid-Afrika agteruit geboer het, en dat twee buurlande, Botswana en Namibië, beter as Suid-Afrika op die indeks vaar. Volgens Transparency International se jongste korrupsie-persepsie-indeks wat gister uitgereik is, het Suid-Afrika van 4,5 verlede jaar na [...]
1:43 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die Amerikaanse skrywer, Charles C. Mann, het pas ‘n nuwe boek geskryf waarvan die Nederlandse titel, 1493. Hoe de wereld zich ontwikkelde na de ontdekking van Amerikadie verhaal van globalisering by Columbus se herontdekking van die Nuwe Wêreld gaan haal. Dit is reeds bekend dat Columbus nie die Nuwe Wêreld ontdek het nie. Die Noormanne [...]
11:03 am | Posted in Leefstyl,Sake,Suid-Afrika,Wêreld | Lees Verder »

Die indeks oor korrupsie wat gister deur Transparency International bekend gemaak is, is wel nie dieselfde as die gewone korrupsie-persepsie-indeks nie, maar dit is nie minder belangrik nie. Gister se indeks meet die persepsie oor betalers van omkoopgeld in ‘n land se geneigdheid om buitelandse maatskappye om te koop. Dit gee dus byvoorbeeld geen aanduiding [...]
7:36 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Hoewel Suid-Afrika se amptelike en nie-amptelike werkloosheidskoers besonder hoog is, is die werkloosheidsprobleem nie uniek aan dié land nie. Die Europese statistiekdiens, Eurostat, het pas syfers bekend gemaak waaruit dit blyk dat die Eurosone se werkloosheidskoers sedert die middel van verlede jaar nie onder tien persent kon daal nie. In September vanjaar was daar meer [...]
9:53 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die afgelope paar jaar dra Suid-Afrika die twyfelagtige eer van die land met die hoogste inkomstegaping ter wêreld. Grootskaalse werkloosheid met die gepaarde armoede dra by tot dié toedrag van sake, en die radikale uitsprake binne die ANC-jeugliga is ‘n daaglikse herinnering dat die politiek-sosiologiese model van relatiewe deprivasie so geldig bly soos altyd. Kernagtig [...]
7:36 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake | Lees Verder »

Terwyl Transnet sy voete sleep om die parlementêre opdrag uit te voer om die Transnet Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) aan te vul sodat die beloofde verhogings en terugwerkende betalings aan die verarmde pensionarisse kan plaasvind, het Transnet ‘n bedryfswins van R5,5 miljard getoon volgens die maatskappy se half-jaarlikse verslag. “Dit is ‘n skande dat pensioenarisse krepeer [...]
2:29 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die Vryheidsfront Plus het in reaksie op die Kommissie vir Gelyke Indiensneming (GKI) se 2010-2011 jaarverslag wat vandag in die parlementêre portefeuljekomitee van arbeid bespreek is, die kommissie gekritiseer omdat die jaarverslag slegs fokus op die indiensnemingsteikens van die top en senior bestuursvlakke in die privaatsektor. “Dit word nou al ‘n afgesaagde deuntjie, want die [...]
6:59 am | Posted in Algemeen,Nuus,Sake,Suid-Afrika | Lees Verder »