Tuisblad » Landbou You are browsing entries filed in “Landbou”

Nuuskommentaar: Die boer se *oer

Agri SA

Vir meer as ‘n dekade maak die georganiseerde landbou dit baie duidelik: Daar is fout met die departement van grondsake, of soos dit nou bekend staan, die departement van landelike ontwikkeling. Deurentyd het die land se landbouers die blaam gekry dat grondhervorming – iets wat baie hoog op die regering se prioriteitslys is – nie [...]

10:51 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Geen einde aan plaasmoorde

cdp

“Dit was uiters onverantwoordelik van die owerhede om plaasmoorde van die lys van prioriteite te verwyder,” sê ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) nadat nog ‘n boer vermoor is. “Volgens die TLU SA was daar meer plaasmoorde vanjaar as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Verlede jaar was daar ‘n ontploffing van [...]

9:45 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Agri SA in die Konstitusionele hof oor mynbou se invloed op die reg tot voedsel

Agri SA

“Agri SA is van mening dat die Minerale- en Petroleumhulpbronne Ontwikkelingswet nie genoegsaam ag slaan op die effek van mynbou op voedselproduksie en voedselsekerheid wanneer die toestaan van mynlisensies oorweeg word nie. Daarom het dié organisasie toegetree as ‘n vriend van die hof met ‘n geding in die Konstitusionele Hof tussen die ministers van Minerale [...]

2:19 pm | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Regsnuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Groenskrif oor Grondhervorming is feitelik verkeerd en sweep emosies op – AB

Zuma

Dit help niemand om hulle te beywer vir ’n beter geskiedenis nie. Dit behoort egter die verantwoordelikheid van almal te wees om te help bou aan ’n beter toekoms. Daarom doen gematigde Suid-Afrikaners ʼn beroep op die regering en die president om hierdie uitdaging nou aan te gryp. Die Groenskrif oor Grondhervorming is die beste [...]

1:35 pm | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Nuuskommentaar: Moddergooi met grond

zillezuma

Gewild was dit nie, politiek korrek miskien nog minder, maar dat iemand in die parlement moes opstaan en perspektiewe regstel oor wie waar was toe die verskillende bevolkingsgroepe mekaar op Suid-Afrikaanse grondgebied ontmoet het, was onvermydelik. Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, en adjunk-minister van Landbou is die persoon wat sy kop hiervoor [...]

8:35 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Nuuskommentaar: Misdaadprerioriteite

TLU-SA-342x168

Die regering het pas aangekondig dat dit veediefstal in veral die Oos-Kaap en die Oos-Vrystaat saam met renosterstropery tot prioriteitsmisdaad verklaar. Dit volg kort na Vrystaat Landbou aangekondig het dat dit voortgaan met stappe om die regering vir versuim om sy burgers te beskerm, hof toe te sleep. Dié kwessie het op die ys beland [...]

8:54 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

AfriForum Jeug gee Potchefstroom-Landboukollege ’n maand voor regsaksie sal volg;

afriforum

Na afloop van ’n opvolg-veiligheid-en-gesondheidsondersoek aan die Potchefstroomse Landboukollege het AfriForum Jeug besluit om dié kollege ’n maand te gee om ’n volledige herstelplan in te dien en dringende herstelwerk te begin om moontlike regsaksie te vermy. AfriForum Jeug se jongste ondersoek het aan die lig gebring dat die Potchefstroomse Landboukollege steeds aan die agteruitgaan [...]

9:13 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Internasionale gemeenskap neem kennis van SA Plaasmoorde

TLU-SA-342x168

TLU SA ontvang tans toenemend navrae vanaf internasionale instellings oor plaasmoorde in Suid-Afrika. Dit is hoofsaaklik te danke aan ’n besoek wat TLU SA se Assistent-Hoofbestuurder: Kommunikasie, mnr. Henk van de Graaf, aan Europa gebring het. Mnr. Van de Graaf is sopas terug van ’n weeklange inligtingsbesoek aan Europa, waarin hoofsaaklik klem gelê is op [...]

2:43 pm | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Die aangekondigde minimum loon vir plaaswerkers saai verwarring

Agri SA

Agri SA het die Minister van Arbeid, Me Mildrid Oliphant, versoek om die minimum loon-element van die sektorale vasstelling na die Kommissie vir Diensvoorwaardes terug te verwys vir herevaluering en dat ‘n klaarblyklike fout met die aangekondigde weeklikse minimum loon, reggestel word. “Die Minister van Arbeid het op 18 Januarie 2012 die nuutste aanpassings van [...]

11:50 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus | Lees Verder »

Sterk optrede teen veediefstal

Agri SA

Agri Gauteng was die gasheer vir ‘n werksessie van die provinsiale veediefstaleenheid van die SA Polisiediens (SAPD) in Gauteng, wat oor die tydperk 24 – 25 Januarie 2012 by Agri SA se kantoor in Centurion gehou is. Lt Kol Scott, die koördineerder van Veediestaleenhede in Gauteng, het ‘n leidende rol in die werksessie gespeel wat [...]

9:43 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika | Lees Verder »

Recently Commented

  • lj oelofse: Goeie Dag my storie is n baie lang een. ek het Nov 2011 aansoek gedoen vir skuldberading. R50.00 bet.My...
  • soon: waar kan ek kontak maak om tehelp of deel tewees van die beveg teen die stropers? enige iemand wat my kan help...
  • Gert Kruger: VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF (VVO) TEL/FAKS (012) 653-176 3 Mei ’06 ————...
  • Herman: Baie, baie dankie. Ek waardeer dit. Herman
  • Johan: Aan Herman Toerien ‘n Woord van besondere gelukwense oor jou besondere gebalanseerde inskatting van die...
  • Herman: Baie dankie Herman v R. Openheid het ook elders op die Net deel vd gesprek geword, en daar word op die...