Tuisblad » Nuus Brokkies
You are browsing entries filed in “Nuus Brokkies”
Veiligheid is by grensposte in Mpumalanga verskerp om moontlike misdadige optrede dié feestyd te verhoed. Die LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, Vusi Shongwe, het die bekendsteling van veiligheidsplanne op die Oshoek-grenspos met Swaziland bygewoon. Shongwe sê sindikate gaan dié vakansie probeer om gesteelde goedere, veral voertuie, oor die grenspos te smokkel. Shongwe sê die polisie [...]
10:49 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die ligaam van ‘n vrou het by Mazeppabaai aan die Transkeise Wildekus uitgespoel. Die vrou het in die see in die moeilikheid geraak toe sy haar dogter probeer help het. ‘n Woordvoerder vir die NSRI in Oos-Londen, Geoff McGregor, sê twee helikopters is uitgestuur, maar dit was te laat om die vrou te red. ‘n [...]
8:48 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Maatskaplike werkers wat twee kinders in die sorg van ‘n egpaar geplaas het wat saam met ses ander mense van kinderpornografie aangekla word, word ondersoek. Die Suid-Afrikaanse Raad van Professionele Maatskaplike Dienste ondersoek maatskaplike werkers van die Christelike Maatskaplike Raad wat die kinders in die egpaar se sorg geplaas het. Die egpaar en ses ander [...]
12:26 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die Farmaseutiese reus – Adcock Ingram – het die verkoop van dextropoxyphene opgeskort, hangende ‘n amptelike kennisgewing van die Medisyne-beheerraad. Vroeëre berigte het gesê die maatskappy het die medikasie onttrek wat middels soos Synap Forte, Lentogesic en Doxyfene insluit. Adcock Ingram sê egter hy het nog nie die medikasie onttrek nie maar het verdere verkope [...]
10:22 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
‘n Motoris wat van Engeland na Nieu Seeland geimmigreer het, was verras toe sy eerste spoedkaartjie in sy nuwe land, deur dieselfde persoon uitgeskryf word wat sy laaste spoedkaartjie in Engeland uitgeskryf het. Die motoris, wie se identiteit onbekend is, is glo naby Christchurch van die pad getrek. Die verkeersbeampte, konstabel Andy Flitton, sê dat [...]
10:18 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die nasionale polisiekommissaris, generaal Bheki Cele sê die proses het reeds begin om die Brit Shrien Dewani aan Suid-Afrika uitgelewer te kry. Hy is gister betrek by die moord van sy vrou, Anni verlede maand in Gugulethu. Cele sê sekere prosedures moet eers gevolg word waarvan die polisie en die departement van binnelandse sake deel [...]
1:15 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
‘n Klein hondjie het chaos op ‘n vlug tussen Newark en Phoenix in Amerika veroorsaak nadat hy uit sy hok gespring en passasiers aangeval het. ‘n Woordvoerder van die Amerikaanse Lugdiens sê minstens een passasier en ‘n lid van die kajuitbemanning is gebyt, wat die kaptein verplig het om ‘n noodlanding in Pittsburgh uit te [...]
1:39 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die Gautengse polisie het ‘n vrou se geskende liggaam gevind, wat in ‘n tas in die Nigeldam gedryf het. Die polisie sê hulle het laat gistermiddag ‘n oproep ontvang oor die verdagte tas in die dam. Die opgesnyde liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde vrou en ‘n nagrok was binne-in die tas. Niemand is nog in hegtenis [...]
1:53 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Lede van die publiek is gevra om gebottelde water aan inwoners van Beaufort-Wes te skenk wat deur een van die ergste droogtes in die Sentraal Karoo getref is. Damme in die omgewing is op hulle laagste vlak in die geskiedenis en watervoorsiening word streng gerantsoeneer. ‘n Woordvoerder van Agri Wes-Kaap, Porchia Adams het vakansiegangers wat [...]
1:53 pm | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
‘n Aardbewing van ses-komma-een op die Richterskaal het in die see naby Fidji voorgekom, maar geen skade of beserings is aangemeld nie. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê die skudding was 185 kilometer oos-noordoos van Lambasa, op ‘n diepte van 15-kilometer. Geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie. Die polisie in Spanje het sewe mans in Barcelona in [...]
10:20 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »