Tuisblad » Nuus Brokkies
You are browsing entries filed in “Nuus Brokkies”

Neptunus, ons son se verste erkende planeet, is nou “een jaar oud.” Dié planeet het pas sy eerste omwenteling om die son voltooi na dit 165 jaar gelede ontdek is. Die planeet is in 1846 deur J. C. Galle ontdek, net ‘n dag na hy ‘n ander sterrekundige se berekenings ontvang het van waar die [...]
10:21 am | Posted in Algemeen,Nuus,Nuus Brokkies | Lees Verder »

Die Wieg van die mensdom by Maropeng bied sy eerste fees van 6 – 15 Mei aan. Volgens die Maropeng-nuusbrief wat pas uitgestuur is, sal dié fees volop vermaak en ander aktiwiteite vir die hele gesin bied. Op 14 Mei kry volwassenes ook die geleentheid om die Swartkrans-terrein te besoek waar gesien kan word hoe [...]
6:52 am | Posted in Nuus,Nuus Brokkies,Vermaak | Lees Verder »

Kort op die nuus dat ‘n NASA-wetenskaplike ruimtefossiele in ‘n meteoriet gekry het, kom die nuus dat wetenskaplike meen hulle het Atlantis in die suide van Spanje gevind. Heel toevallig meen die wetenskaplikes wat Atlantis glo nou ontdek het, dat die stad waarna Plato voor Christus se geboorte verwys het, sestig kilometer van die kus [...]
12:12 pm | Posted in Nuus,Nuus Brokkies | Lees Verder »

Die dag as volledige bewyse van buite-ruimtelike lewe gevind word, sal dit die nuustoneel vir dae lank oorheers. Einde verlede jaar het die wêreld kortstondig asem opgehou toe NASA aangekondig het ‘n spesiale nuuskonferensie word belê. Daar is wyd bespiegel dat NASA gaan aankondig dat bewyse van buite-ruimtelike lewe gevind is. Mense kon wêreldwyd via [...]
9:10 am | Posted in Algemeen,Nuus,Nuus Brokkies,Suid-Afrika | Lees Verder »
Die Departement van Waterwese sê hy kan slegs optree teen suur mynwater wat chaos in dele van Gauteng veroorsaak wanneer die kabinet ‘n verslag deur kenners aanvaar het. Suur mynwater vloei reeds in riviere aan die Wes-Rand en die Wieg van die Mensdom, wat ‘n Wêrelderfenisgebied is. Die water verwoes die plant-en dierelewe en hou [...]
4:54 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
‘n Agtjarige meisie is dood en drie ander kinders tusssen die ouderdomme van 3 en 15 jaar is beseer toe die voertuig waarin hulle gery het, op die N1 tussen Leeu Gamka en Prins Albert in die Wes-Kaap in ‘n ongeluk betrokke was. Een volwassene is ernstig beseer. Die Wes-Kaapse verkeersowerheid sê die bestuurder het [...]
6:28 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die voorlopige geregtelike ondersoek na die dood van die popster, Michael Jackson, begin vandag in die Los Angeles hoërhof. Die saak sal hoofsaaklik wentel rondom dr. Conrad Murray, ‘n kardioloog wat teregstaan op aanklagte van manslag. Jackson is dood nadat hy ‘n hartaanval gehad het as gevolg van die toediening van medikasie. Die hof moet [...]
11:49 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die polisie in Woodstock in Kaapstad het beslag gelê op tik, mandrax en heroïen ter waarde van sowat vyftienduisend rand. ‘n Woordvoerder van die polisie, Neville Malila sê vier mense is tydens die blitsveldtog in hegtenis geneem. Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof verskyn. Twee skepe het seerower-aanvalle langs die kus van [...]
7:43 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die Stad Kaapstad sê sy haai-waarskuwing vir strande in die Skiereiland bly van krag ondanks die feit dat niemand nog aangemeld het dat haaie gewaar is nie. ‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes, sê die see word daagliks met die oog gefynkam – veral die Valsbaai kuslyn, waar haai-aanvalle vantevore voorgekom het. Die Padverkeersbestuurskorporasie het gewaarsku dat [...]
6:34 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »
Die owerheid in KwaZulu-Natal het die publiek gewaarsku om versigtig te wees op die provinsie se strande, weens rowwe seetoestande. ‘n Woordvoerder van Lewensredding Suid-Afrika, James Ross sê strandgangers moet net op strande swem waar daar lewensredders is. Ross sê daar is groot golwe. Hy sê as iemand in die see in die moeilikheid beland, [...]
10:56 am | Posted in Nuus Brokkies | Lees Verder »