Hierdie bundel bevat die afgelope jaar se nuuskommentare, artikels en ander materiaal uit my pen, sedert Verslaggewers Sonder Grense Suid-Afrika se posisie op die persvryheidsindeks tot die 38ste plek afgegradeer het. Dit handel almal op ‘n manier oor menigsvryheid, veral mediavryheid, en die probleme wat hieromtrent ervaar word.Omdat dit los artikels is, is daar heelwat [...]
Jannie Odendaal het besluit om die gebeure rondom die voorval waarin hy Winnie Madikizela-Mandela van die pad getrek het vir die wêreld te vertel. In video’s op die webwerwe sTube en YouTube vertel hy van die gebeure van die betrokke dag. Hy bevestig in die video’s dat Madikizela-Mandela op hom gevloek en dat haar lyfwag [...]
’n Seekoei wat eers ’n wildebeeskalfie en toe ’n sebravulletjie van verdrinking in ’n rivier in Tanzanië red, maak wêreldwyd opslae. Mnr. Tom Yule, ’n Suid-Afrikaner wat nou in Tanzanië woon het dit in Oktober op video vasgelê. Yule en ander toeskouers het gesien hoe eers ‘n wildebeeskalfie, en toe ‘n sebrakalfie deur die sterk [...]
Will Jordan, bekende in die Suid-Afrikaanse countrymusiek kringe, maak met sy jongste video sterk beswaar teen misdaad in die land en veral teen plaasmoorde. Will, wat reeds 5 CD’s vrygestel het en op meer as 30 kompilasie-albums verskyn, se loopbaan het begin posvat in die tagtiger jare, nadat hy klaargemaak het met [...]
’n Video waarin vrouens met hulle babas wreedaardig deur die strate getrek word deur polisie, het die Franse publiek in skok gelaat. Die video wys hoe Franse polisie probeer om plakkers uit Afrika vanuit ’n Paryse woonkompleks te verwyder. Dit is reeds welbekend dat President Nicolas Sarkozy Frankryk probeer vry kry van onwelkome immigrante. Sarkozy [...]
Die nege jarige Nederlandse seun wat die enigste oorlewende is van gister se vliegtuig ongeluk in Tripoli, is verenig met sy familie. Ruben van Assouw wat van Tilburg afkomstig is, was vanoggend deur sy oom en tante in die hospitaal in Tripoli besoek. Hulle het vroër gearriveer vanaf Nederland. Beide kind en familie het mekaar [...]
Die Suid-Afrikaanse ambassade in Libië het bevestig dat daar Suid-Afrikaners aan boord die vliegtuig was wat by die Tripoli-lughawe neergestort het. Volgens Eyewitness News is die presiese aantal Suid-Afrikaners wat aan boord die vlug was nog nie bekend nie. Volgens Beeld se inligting was daar minstens ses, maar dalk sewe Suid-Afrikaners aan boord. Een van [...]
Apple het dit weer reggekry om die verbeelding van die wêreld aan te gryp met hulle nuutste apparaat, die iPad, wat op 3 April 2010 vrygestel is. Die skeptici het gereken daar is nie ruimte in die mark vir nog ‘n rekenaartipe nie, maar nadat die gebruiker op die iPad gewerk het vir ‘n paar [...]
The Daily Maverick het vanoggend vroeg die chaos by een van die Wêreldbekersokker kaartjie verkoopspunte in Sandton gaan afneem. Hulle berig dat daar baie chaos was, waar ongeveer 1000 plaaslike sokkerondersteuners mekaar gestoot en gestamp het om eerste van die kaartjies op te raap. Blykbaar was daar geen polisie of skarebeheer in sig nie. Kyk [...]