Tuisblad » Weer
You are browsing entries filed in “Weer”

Vanoggend lui twee opskrifte in Volksblad: “Vloedwater laat spoor van verwoesting” en “Droogte knel N-Kaap boere.” Boonop teister hittegolwe die Wes- en Suid-Kaap, en veldbrande stel reuse eise aan mens en dier. Dit werp ‘n treurige blik op ‘n stuk onbekookte wetgewing wat darem intussen koue voete gekry het – om die SA Weerdiens in [...]
11:10 am | Posted in Algemeen,Landbou,Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

As ‘n mens op ‘n wêreldkaart die eilandjie Uunartoq Qeqertaq soek moet dit ‘n nuwe kaart wees – dit het maar onlangs onder Groenland se wegsmeltende yskap te voorskyn gekom. Die naam beteken in die taal van die Inuit (Eskimo’s) “Verwarmde eiland” en is pas in die jongste uitgawe van die Times Comprehensive Atlas of [...]
1:16 pm | Posted in Algemeen,Weer,Wêreld | Lees Verder »

Die Oos-Kaapse regering het mense in die provinsie gevra om hul reise uit te stel totdat die sneeu in die provinsie opklaar. Die LUR vir plaaslike regering, Mlibo Qoboshiyana, sê talle busse, taxi’s en privaat voertuie sit in die sneeu vas. Buspassasiers moes op Cala-pas tussen Queenstown en Jamestown gered word. In ander gebiede is [...]
7:16 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Die buitengewone weerstoestande saai steeds chaos regdeur die land. Reddingspanne in die Suid-Kaap het begin om mense wat in laagliggende gebiede in Grootbrakrivier naby Mosselbaai woon, uit die gebiede te verwyder. Swaar reën sak volgens berigte steeds uit in groot dele van die land. Naby Oudtshoorn in die Klein Karoo en in Grootbrak is twee [...]
7:14 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Koue weerstoestande kom oor die grootste deel van die land voor nadat ‘n kouefront oor die binneland beweeg het en ‘n tweede een uit die suide oppad is. Motoriste in die Oos-Kaap is gewaarsku om weens gladde paaie uiters versigtig te bestuur nadat sneeu op talle plekke in die provinsie geval het. ‘n Woordvoerder van [...]
6:05 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Die weerdiens in Kaapstad het gemeenskappe wat naby die Wes-Kaapse kus woon gewaarsku dat daar onverwagte oorstromings kan wees. ‘n Kouefront sal vandag en môre swaar reën bring oor dele van die Wes-Kaap waaronder die Kaapse Metropool, die Boland en die Overberg gebied. ‘n Voorspeler, Stella Make, sê die reën sal later na die Eden-distrik [...]
9:55 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »
Noord-Europeërs, soos die Nederlanders, gaan dalk bietjie langer wag vir die volgende ystydperk. Hoewel ‘n artikel wat hieroor handel nou eers in die wetenskap-tydskrif Nature, verskyn het, het van die outeurs van hierdie artikel al ‘n geruime tyd daarop gewys, en aangedring dat klimaatmodelle daarom aangepas moet word. Die grondslag vir hierdie bevinding is dat [...]
3:35 pm | Posted in Algemeen,Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het nog swaar reën vir vandag in vier provinsies voorspel. Inwoners van Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes word aangeraai om op hulle hoede te wees, nadat swaar reën tot oorstromings in verskeie gebiede gelei het. Die oorstromings het sedert die middel van Desember reeds 40 lewens geëis. Agt-en-twintig munisipaliteite in sewe provinsies [...]
5:18 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »

Mense kan hulle gereed maak vir ‘n nat Nuwejaar oor die grootste deel van die land. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê reënweer word vanaf Vrydag oor die grootste deel van die land verwag, terwyl donderstorms in die Oos-Kaap ‘n gegewe is. Swaar reën word in die Vrystaat, suidelike dele van Kwa Zulu-Natal, Lesotho en die Oos-Kaap [...]
7:40 am | Posted in Nuus,Suid-Afrika,Weer | Lees Verder »
UITGEREIK DEUR DIE SUID AFRIKAANSE WEERDIENS VIR MORE: 07 OCTOBER 2010. Weerwaarskuwing: 1.Toestande gunstig vir die ontstaan en verspreiding van weghol veldbrande sal na verwagting voorkom oor die Klein Karoo. Weerwaak: NIL Weeradvies: NIL PRETORIA: Gedeeltelik bewolk. Minimum/Maksimum: 18/31 C. Sonsopkoms : 05H42 Sonsondergang: 18H10 JOHANNESBURG: Gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie. Minimum/Maksimum: 15/28 C. VEREENIGING: [...]
2:33 pm | Posted in Weer | Lees Verder »