Subscribe by Email

Caster Semenya voldoen aan al die verwagtinge

000_FG0K3Caster Semenya het Suid-Afrika se tiende medalje op die Olimpiese Spele in Rio ingepalm toe sy die 800 meter maklik gewen het. Die 25-jarige student van die Universiteit Noordwes het die afstand in een minuut-55,28 sekondes voltooi, wat ‘n nuwe Suid-Afrikaanse rekord is. Francine Niyonsaba van Burundi het silwer verower en Margaret Wambui van Kenia brons. Die tien medaljes is Suid-Afrika se beste oes sedert 1920 en 1952.

Mo Farah van Brittanje het sy prestasie van vier jaar gelede in Londen herhaal toe hy die goue medalje in die vyf duisend meter gevoeg het by dié in die tien duisend wat hy vroeër in Rio gewen het.