Subscribe by Email

Carel Boshoff: Huldeblyk deur dr. Christo Landman, voorsitter van die Afrikaner Alliansie

Carel Boshoff is ‘n held. Dit is hy wat woord by daad gevoeg het en vir die Afrikaner ‘n eie stukkie aarde in Afrika uitgekerf het. Hier op Orania het hy ‘n stuk etiek tot die beleid van afsonderlike vryhede toegevoeg. In die dae van sy skoonvader, dr. Hendrik Verwoerd, is die verskillende etniese groeperinge die kans gegun om in die wye Suid-Afrika eie hartlande te ontwikkel. Die kans is van die hand gewys en aanspraak is op die hele SA gemaak. Te midde van die aanslag van swart imperialisme op die Afrikaner-identiteit bewys Carel Boshoff dat die beleid moreel regverdig was en voeg hy die daad by die woord om ‘n hartland, ‘n heimat, vir die Afrikaner as’t ware uit niks te skep.
Carel Boshoff se stoflike oorskot gaan in die rooigrond van Orania rus en die ontbinding van sy vlees sal die aarde voed en so ruimte vir ander Afrikaners skep om daarheen te verhuis – om daar ‘n tuiste te maak.
Soet is die stryd vir die stryder – al moet hy alles verloor, maar hy wat sy deelname weier, is ‘n man wat sy nasie vermoor.
Oom Carel, jou meriete lê daarin dat jy voorgeloop het en omring van ‘n ideaal gesterf.
Christo Landman 0828547516