Subscribe by Email

Bundel: Mediavryheid, balans, bedreigings en vitrioel

Hierdie bundel bevat die afgelope jaar se nuuskommentare, artikels en ander materiaal uit my pen, sedert Verslaggewers Sonder Grense Suid-Afrika se posisie op die persvryheidsindeks tot die 38ste plek afgegradeer het. Dit handel almal op ‘n manier oor menigsvryheid, veral mediavryheid, en die probleme wat hieromtrent ervaar word.
Omdat dit los artikels is, is daar heelwat herhaling van dieselfde feite. Die idee is nie om ‘n lekkerleesboek die lig te laat sien nie, maar om belangrike verwikkelings wat die afgelope jaar mediavryheid geraak het, saam te bundel. Die jongstes is aan die begin, en die oudstes aan die einde van die bundel geplaas.
Van die artikels het ook in wyle dr. Charles Malan se Vrye Woord verskyn. Die bundel kan gelees word by http://hermantoerien.posterous.com/mediavryheid-balans-bedreigings-en-vitrioel
Herman Toerien

Ode aan joernaliste
Met kruit- en kordietdampe skerp sterf nuusmense
Woestynstof hul skraal skuiling teen koeëls en skrapnel
Tussen klappende skote klik kameras op konflikgrense
Meer as dertig joernaliste sterf in ‘n mensgeskepte hel
Hulle sterf terwyl ander die nuus wil vermoor
Daardie bloedgekoopte nuus wat ons lees en hoor

Herman Toerien