Subscribe by Email

Bulle oefen vir stryd teen WP

bluebulls

Deon Stegmann, het Dinsdag gesê dat die Bulle besef die stryd teen WP op Nuweland sal tien teen een gewen word deur die span wie se agttal oorheers.

Hy het gesê “Dit is een van ons sterkpunte, maar die WP se pak is vanjaar ook goed.  Dit sal soos altyd kliphard wees.”

Die Bulle se voorspelers het Dinsdagoggend op Loftus Versveld se B-veld met oorgawe ingeklim toe hule in ‘n marathonsessie die skrums, lynstane en dryfmaalbewegings geoefen het

Stegman meen die Bulle se selfvertroue het baie gegroei en die groot “trick” gaan wees om Saterdag alles bymekaar te bring.

“Ons is ‘n heel ander span as die een wat vroeër daar gespeel het.  Die span was onder groot druk en dit het ons ‘n gevoel gegee van hoe om dit te hanteer.” Het hy gesê.