Subscribe by Email

Bulle Malema se Moses? (2)

Hoekom is die waarde van ons aandelebeurs te midde van al hierdie rassepolarisasie nou so hoog dat ‘n mens selfs gerugte van ‘n borrel in die mark hoor?

 

Om hierdie vraag te beantwoord moet ons eerstens besef dat die uitsprake van ‘n Julius Malema, die moord op Eugene Terreblanche en dreigemente van nasionalisering, op hierdie stadium van die wêreldwye ekonomiese herstel, dieselfde uitwerking het as die rimpeling veroorsaak deur ‘n albaster gegooi in ‘n magtige oseaan.

 

Beleggers het in 2009 vir die eerste keer in baie jare in afgryse aanskou hoe hul beleggings binne die bestek van ‘n paar dae tot soveel as 60% van hul waarde verloor. Fondsbestuurders word deur baie beleggers as die skuldiges uitgewys en moet nou, te midde van die ekonomiese herstel, probeer bewys dat hul steeds die beleggers se belange op die hart dra.

 

Wêreldwyd het aandeelpryse die laaste paar maande noordwaarts voortgewoed, die Johannesburgse Aandelebeurs inkluis. Internasionale fondsbestuurders het met goeie rede ‘n groot aptyt vir ons beurs ontwikkel en is stadig maar seker besig om die vertroue van hul kliënte te herwin.

 

Beleggings op internasionale aandelebeurse kon die afgelope 12 maande die volgende opbrengste verwag:*

 

Dow Jones Ind.        – VSA    –   39.7%

Ftse 100                    – GB       –    44.1%

Dax                             – DL       –    37.3%

Cac 40                        – FR        –    34.1%

 JSE All share          – SA     –     46.7%

 

Hieruit is dit reeds duidelik dat SA (en ander opkomende ekonomië) ‘n beter beleggingskeuse bied as die vernaamste eerstewêreldekonomië. Die vraag wat egter onstaan is of die 2-10% waarteen ons die ander beurse uitpresteer, genoegsaam is om die risiko’s verbonde aan nasionalisering, rassepolarisasie ens ens. te dek. Die antwoord is weereens ‘n onomwonde Ja. Ter illustrasie die volgende:

 

‘n Europese Fondsbestuurder wat 12 maande gelede ‘n bedrag van EUR 1 milj. na ZAR sou ruil, het die omskakeling gedoen teen ‘n wisselkoers van 11.78 ie. 1 000 000.00 * 11.28  = ZAR 11 280 000.00. Die bedrag is op die JSE belê en sal vandag 46.7% meer werd wees ie ZAR 16 547 760.00.

 

Indien die belegging dus vandag gerealiseer word en teruggeskakel word na EUR sal die belegger dit doen teen ‘n wisselkoers van 9.98. R 16 547 760.00 / 9.98 = EUR

1 658 092.00. Dus ‘n effektiewe opbrengs van bykans 66% op die aanvangsbelegging van EUR 1milj.

 

Ons moet in gedagte hou dat hierdie winste op die stadium net op papier bestaan. Die risiko’s wat gaan ontstaan wanneer hierdie beleggings gerealiseer en landuit geneem  word, sal in ‘n volgende artikel aangespreek word.             

 

 

 

 

 

* Bereken volgens beweging in totale markwaarde

3 Responses to Bulle Malema se Moses? (2)

  1. Jaco

    April 19, 2010 at 6:46 pm

    @ AgNos
    Verskeie faktore wat daartoe bydra. Fundamenteel en spekulatief.Onder fudamentele redes die volgende:
    1- Die verwagting dat opkomende ekonomie vinniger gaan herstel as die VSA en Europa.
    2- Die sterk lopie in kommoditeitspryse.
    3- Die feit dat SA finansiele instellings die ekonomiese krisis relatief goed kon deurstaan
    Spekulatief:

    1- Die ZAR is een van die mees likiede geldeenhede onder opkomende markte. Die belegger weet dat hy sy belegging onmiddelik kan realiseer sou omstandighede dit noodsaak. Dit kan lei tot:
    2- “Greed” – Fonsbestuurders maak op gereelde basis beleggingsprestasie bekend. Nuwe beleggers wil tot die beleggingsfonse toetree agv. die goeie prestasie. Dit lei tot ‘n verhoogde vraag na die spesifieke beleggingsklas wat weer lei na n verhoogde prys wat daarvoor betaal moet word. Dit is moontlik waar die verwysing na ‘n borrel in die mark vandaan kom. Die prys van die aandele begin dus hul onderliggende waarde uitpresteer. Die mark is gereed vir ‘n regstelling in die verband en dit wil lyk of die regstelling nou reeds begin het.

  2. Jaco

    April 19, 2010 at 6:38 pm

    @ AgNos
    Verskeie faktore wat daartoe bydra. Fundamenteel en spekulatief.Onder fudamentele redes die volgende:
    1- Die verwagting dat opkomende ekonomie vinniger gaan herstel as die VSA en Europa.
    2- Die sterk lopie in kommoditeitspryse.
    3- Die feit dat SA finansiele instellings die ekonomiese krises relatief goed kon deurstaan
    Spekulatief:

    1- Die ZAR is een van die mees likiede geldeenhede onder opkomende markte. Die belegger weet dat hy sy belegging onmiddelik kan realiseer sou omstandighede dit noodsaak. Dit kan lei tot:
    2- “Greed” – Fonsbestuurders maak op gereelde basis beleggingsprestasie bekend. Nuwe beleggers wil tot die beleggingsfonse toetree agv. die goeie prestasie. Dit lei tot ‘n verhoogde vraag na die spesifieke beleggingsklas wat weer lei na n verhoogde prys wat daarvoor betaal moet word. Dit is moontlik waar die verwysing na ‘n borrel in die mark vandaan kom. Die prys van die aandele begin dus hul onderliggende waarde uitpresteer. Die mark is gereed vir ‘n regstelling in die verband en dit wil lyk of die regstelling nou reeds begin het.

  3. Ag Nostus He Donis

    April 19, 2010 at 3:40 pm

    Jaco, jy het nou verduidelik hoe fondsbestuurders geld maak deur in ons aandelebeurs te belê omdat die opbrengs hier soveel beter is as op ander plekke. Maar dan bly die vraag nog steeds: hoekom is die opbrengs hier soveel beter as op ander plekke? Wat maak dat ons aandelebeurs so sterk groei?