Subscribe by Email

Buitelandse Joernaliste beroof van al hul media toerusting

’n Groep wêreldbeker joernaliste van Portugal en Spanje is van hul besittings beroof vanuit hul hotel in Magaliesburg. Gewapende rowers het in hul kamers ingebreek en meeste van hul profesionele toerusting gesteel.

Daar is na bewering niemand beseer tydens die voorval nie en die rowers het ontvlug met paspoorte, televisiestelle, televisiekameras, skootrekenaars, kontant en selfone.

Polisie woordvoerder, Sally de Beer sê dat daar nog niemand in hegtenis geneem is nie, maar hulle is hoopvol dat die rowers gevind sal word.