Subscribe by Email

Brussels verdagte

29906170001_4624796958001_thumb-Wochit96502283Die Belgiese polisie soek na ‘n vierde verdagte in verband met dié week se terreuraanvalle in Brussel waarin 31 mense dood en 270 beseer is. Intussen vergader ministers van die Europese Unie vandag in Brussel om die nadraai van die aanvalle te bespreek. Volgens die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, is een van die broers wat hulleself opgeblaas het verlede jaar uit Turkye verban. Erdogan kritiseer Belgiese owerhede omdat hulle nie Ibrahim El Bakraoui, wat ‘n veroordeelde rower was, kon vastrek nie.