Subscribe by Email

Britte begin stem oor die land se lidmaatskap van die Europese Unie

europe_and_uk-620x264Britse burgers stem vandag oor die land se voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie. As hulle stem om die groepering te verlaat, sal dit die eerste keer wees dat een van die 28 lidlande onttrek in die sestigjarige bestaan van die EU, en daar word gevrees dat ander lande dan Brittanje se voorbeeld sal volg. Die ekonoom Goolim Balim glo ‘n onttrekking sal Brittanje se eie ekonomie benadeel en ook Suid-Afrika s’n.