Subscribe by Email

Britse vrou kry doodstraf oor dwemlsmokkel

‘n 56-jarige Britse vrou, Lindsay Sandiford, is in Indonesië ter dood veroordeel vir die smokkel van dwelmmiddels.

Sy is in Mei verlede jaar op die Indonesiese eiland, Bali, met 4,8 kilogram kokaïne betrap na sy uit Bangkok aangekom het. Sy hou vol dat sy afgepers en uitverkoop is.

Die aanklaer het gevra dat sy 15 jaar gevangenisstraf opgelê word, maar die regters het bevind dat daar geen versagtende omstandighede is nie, en dat sy geen berou oor die gevolge van haar dade getoon het nie.

Talle buitelanders is in Indonesië weens dwelmhandel in aanhouding.

Twee Suid-Afrikaners, die 22-jarige Donya Preston en die 20-jarige Riaan Stephens, is weens beweerde dwelmsmokkelary in Indonesië verhoorafwagtend. Hulle beweer hulle is deur ‘n Nigeriese dwelmsindikaat ingesleep.

Sandiford se regsverteenwoordigers het gesê dat hulle verbaas is oor die vonnis en appèl gaan aanteken.

Vyf buitelanders is sedert 1998 op Bali weens dwelmhandel tereggestel. Tog is daar gevalle waar buitelanders so min as een jaar gevangenisstraf vir dwelmhandel opgelê is.

Lyfstraf vir dwelmhandel kan slegs in Indonesië se Acehprovinsie opgelë word en vyuf vroeu is in 2003 so gestraf.

Herman Toerien