Subscribe by Email

Britse regering waarsku sy inwoners oor vlakke van misdaad in SA op vooraand van WB

Die Britse regering het formeel sy inwoners gewaarsku oor die vlak van misdaad in Suid-Afrika, op die vooraand van die Wêreldbeker toernooi. Britse burgers wat van plan is om Suid-Afrika te besoek, word amptelik gewaarsku oor bedrog, kapings, internet bedrog en vals bankamptenare. Die waarskuwings is ook aangebring op die Britse regering se webtuiste oor buitelandse betrekkinge, asook op die “Common Wealth” webtuiste.

Heel bo aan die lys, is kitsbank bedrog. Die waarskuwing gaan oor mikro kameras wat in kitsbanke versteek word om jou PIN-nommer te kry. Besoekers word aangeraai om hulle bankkaarte gereed te hê voordat hulle by ’n kitsbank opdaag, anders word hulle beroof as hulle eers in hul sakke en beursies daarvoor moet soek. Hulle word aangeraai om nie die geld wat hulle getrek het by die kitsbank eers te tel nie, maar die omgewing dadelik te verlaat nadat hulle geld onttrek het. Hulle moet ook versigtig wees vir bankamptenare wat hulle voordoen as bankamptenare by kitsbanke.

Toeriste word ook gewaarsku om nie verblyf aanlyn te bespreek nie, omdat daar kuberkrakers gereed sit by internet kafees om hul kredietkaart besonderhede te bekom.  Wanneer toeriste op die pad is, word hulle aangeraai om nie onnodig langs die pad te stop nie en moet pasop vir mense wat lyk of hul in ongelukke betrokke was en hulp soek. Daar moet eerder aangery word en die polisie moet eerder gekontak word om hulp te verleen, as om self stil te hou.

Misdaad word oor die algemeen blameer vir die laer as verwagte buitelandse kaartjieverkope vir die wêreldbeker.