Subscribe by Email

Britse paar help SA-ouerpaar om kop van vermoorde dogter op te spoor

’n Arm ouerpaar van Kaapstad het hulp gekry vanaf ’n ryk Britse egpaar om hulle te help om die kop van hul vermoorde dogter op te spoor.  Hulle dogter, die 17 jarige Jennifer “Meadow” Baartman, was laas lewend gesien op 13 Augustus 2001, in Plettenbergbaai en haar ontbinde liggaam was nege maande later gevind sonder kop. Tot  op hede is haar kop nog nooit opgespoor nie.

Nadat ’n Britse egpaar ’n berig gelees het in die Daily Voice oor Katie en Kevin Muller se soeke na geregtigheid, het hulle besluit om die egpaar te help. Die Britse egpaar het ’n prokureur in Port Elizabeth aangestel om die moordsaak weer te her-open.

Eric Thompson, ’n familievriend van die Mullers, het destyds, nadat Jennifer se ontbinde lyk ontdek was, beweer dat hy ’n argument met haar gehad het in sy voertuig toe hy haar destyds ’n geleentheid gegee het. Volgens Thompson het Jennifer sy stuurwiel beetgekry en uit die voertuig geval. Hy het daarna blykbaar die liggaam naby ’n plaasdam begrawe.

Die Muller egpaar was geskok toe Thompson laasmaand slegs R 1000.00 boete gekry het as straf vir sy bekentenis. Nadat die Britse egpaar die berig oor die R 1000.00 boete gelees het, het hulle aangebied om die Mullers te help dat geregtigheid kan plaasvind. Die prokureur wat hulle aangestel het, Terry Price van Port Elizabeth, gaan binnekort met die Mullers vergader.