Subscribe by Email

Britse beseerde wil eis na besering op boot

southern right charter1

‘n Britse gesin oorweeg regstappe teen ‘n onderneming wat walvisbesigtigingstoere in die Overstrand-gebied aanbied nadat ‘n familielid op ‘n boot beseer is.

Luidens ‘n berig in die Hermanus Times van 24 Oktober het Robin Alcock, bestuurder en eienaarsverteenwoordiger van Southern Right Charters, by navraag aan Hermanus Times gesê drie passasiers is beseer toe ‘n abnormal deining daartoe gelei het dat hulle hul balans verloor het.

Twee van die passasiers het glo reeds na Engeland teruggekeer.  Michel Rastal (62) ook van Engeland, het sy rug gebreek en moes ‘n rugoperasie ondergaan.  Hy is vandeesweek ontslaan van die Somerset-Wes privaat hospitaal Vergelegen.  Paul Rastall het gesê hulle is nog in Suid-Afrika en sal na Engeland terugkeer sodra sy pa sterker is.