Subscribe by Email

Brexit kan dalk binnekort nog ‘n slagoffer eis in Britse politiek

jeremBrexit kan dalk binnekort sy volgende slagoffer eis nadat uit Londen berig is dat die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, waarskynlik binne die volgende paar dae ‘n leierskapstryd in die gesig gaan staar. Dit volg na sy standpunt teen Brittanje se onttrekking aan die Europese Unie. Die meerderheid Britte het in verlede week se referendum gestem dat die land die unie moet verlaat. Dit het gelei tot die eerste minister en leier van die Konserwatiewe Party, David Cameron, se aankondiging dat hy bedank. Volgens Sky News het ‘n groot aanhanger van Corbyn, die skadukanselier John McDonnell, ‘n beroep op die Arbeidersparty se lede in die parlement gedoen om te kalmeer en die party se verskille op ‘n demokratiese manier op te los.