Subscribe by Email

Brasiliaanse toeris in hegtenis na rooftog in Kaapstad

’n Brasiliaanse burger is in hegtenis geneem in Kaapstad nadat hy en drie van sy makkers twee handsakke gesteel het van Suid-Afrikaanse vroue by ’n restaurant in die stad. Die polisie is nou op soek na sy makkers, twee mans en ’n vrou, wat hom gehelp het om die handsakke te steel by die restaurant in Groenpunt.

Wilson Delfin Soto Caldoron, 51 jarige burger van Brasilië en afkomstig vanaf Bel Peru, was Vrydag gearresteer deur die polisie nadat ’n sekuriteitswag hom opgemerk het met een van die handsakke in sy besit. Sy medewerkers het te voet op vlug geslaan met die ander handsak. Caldoron bly in aanhouding tot sy volgende hofdatum.

Die twee beroofde vroue, wat nie geidentifiseer wil word nie, beweer dat die ander handsak waarmee die rowers weggekom het, onder andere ’n kamera en lens bevat het ter waarde van twee en dertig duisend rand.