Subscribe by Email

Brasiliaanse owerhede kla die Amerikaanse swemmer Ryan Lochte aan

swimDie Amerikaanse swemmer Ryan Lochte is aangekla van die aflê van ‘n vals verklaring aan die Brasiliaanse polisie tydens die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Hy het eers beweer dat gewapende rowers hom en drie spanmaats oorval het, maar later erken dat hulle dronk was by ‘n vulstasie. Die polisie het aanbeveel dat die hof ‘n lasbrief uitreik sodat die 32-jarige Lochte ondervra kan word. Hy het verlede week verskoning gevra, maar volgehou dat hy net dele van die gebeure oordryf het. Lochte kan ‘n boete of tot agtien maande tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word.