Subscribe by Email

Borgtog-aansoek word vandag op Stellenbosch hervat

jason-600x450-300x225Die Gautengse sakeman Jason Rohde se borgtog-aansoek word vandag in die landdroshof op Stellenbosch hervat waar hy aangekla is van moord op sy vrou, Susan. Haar liggaam is verlede maand in die egpaar se hotelkamer op die Spier-landgoed buite die Bolandse dorp gevind en haar dood is eers as selfmoord beskou, maar ‘n lykskouing het bevind dat sy verwurg is. Daar was ook tekens dat sy voor haar dood geskop of geslaan kon gewees het. Rohde is ‘n week gelede in sy huis in Johannesburg in hegtenis geneem.