Subscribe by Email

Borg geweier aan moordverdagte Bulelwa Ndudula

1bulelwaDie borgtogaansoek van die vermoorde senior regeringsamptenaar, Sakhekile Ndudula se weduwee, het vandag in die Oos-Londen Landdroshof voortgegaan. Ndudula is verlede maand doodgeskiet. Hy was die personeelhoof in die Oos-Kaapse departement van Maatskaplike Ontwikkeling.

Sy weduwee, Bulelwa Ndudula word daarvan beskuldig dat sy by die moord betrokke was. Die staat staan borgtog teen, en voer aan dat die beskuldigde by getuies kan probeer inmeng. Die staat voer ook aan dat sy met die moordtoneel gepeuter het. Ndudula se regsverteenwoordiger vra dat sy op borgtog vrygelaat moet word omdat sy verantwoordelik is vir die sorg van haar kinders en familie. Sy is egter borgtog geweier en sal in aanhouding bly tot haar volgende hofverskyning op 8 November. Landdros Nazzi Joemath sê die verdediging het nie bewys dat daar uitsonderlike omstandighede is wat vereis dat die verdagte op borgtog vrygelaat moet word nie.