Subscribe by Email

“Bom met stuurwiel” bestuur maand sonder behoorlike rus

‘n Spaanse vragmotorbestuurder (52) wat ‘n vier weke lank alle uithoeke van Europa besoek het sonder om ooit behoorlik te rus, se rylus is deur die polisie in Beiere, Duitsland, kortgeknip.

Die man het ononderbroke gerus en slegs periodiek ‘n blaaskans van hoogste vyf ure geneem. Die polisie het hom as ‘n bom met ‘n stuurwiel beskryf.

Hy word nou verplig om te rus.

Volgens ‘n regulasie wat in 2006 in Europa van krag geword het, moet ‘n bestuurder elke 4 en ‘n half uur agter die stuurwiel ‘n ruskans van 45 minute neem. ‘n Persoon mag nie langer as nege uur per dag agter die stuurwiel deurbring nie, maar tien uur is toelaatbaar mits dit nie meer as twee keer per week gebeur nie. Die maksimum tyd agter die stuurwiel in een week is 56 ure, maar die totaal vir twee weke mag nie 90 uur oorskry nie.

Die regulasies het glad nie voorsien dat iemand – laat staan nog ‘n vragmotorbestuurder – vier weke lank sonder behoorlike rus agter die stuurwiel sal spandeer nie.

Die media beskryf die man se epiese reis as ‘n lydingsweg”.