Subscribe by Email

Boeremag trio se krygsgevangene aansoek verwerp

Kobus Pretorius in hand en voet boeie

Die regter in die Boeremag verhoor het gister die aansoeke van Johan, Willem en Kobus Pretorius om as krygsgevangenes verhoor te word, van die hand gewys. Indien hulle sou kon slaag met die aansoek, sou dit beteken dat hulle aan die Nasionale Weermag oorhandig moes word.

Die broers het daarop aangedring dat hulle nie as gewone kriminele behandel moet word nie, maar as soldate verhoor behoort te word.

Die verhoor van die Boeremaglede is al in sy sewende jaar. Die staat se saak is al afgesluit in Junie 2007 nadat 158 getuienisse aangehoor was. Die meeste van die 21 Boeremag beskuldigdes het ook reeds al getuig in hulle verdediging.

Regter Eben Jordaan het in sy uitspraak gese dat hy geen getuienis kan vind dat die beskuldigdes as soldate opgetree het nie, aangesien soldate militêre teikens aanval en nie siviele teikens, soos wat in hierdie geval van toepassing is nie.

One Response to Boeremag trio se krygsgevangene aansoek verwerp

  1. Kuifie

    Augustus 27, 2010 at 1:57 pm

    Regter Eban Jordaan maak ‘n groot fout. Umkontho we Sizwe (MK) die militêre vleuel van die ANC het ook nie as soldate opgetree nie. Hulle het deurgaans nie siviele teikens aangeval. Om militêre teikens aan te val was hulle te bang.

    Die regter vergeet van die Umkontho we Sizwe se Kerkstraat aanslag in Pretoria op 20 mei 1983 wat bekend staan as die “Kerkstraatbom”

    As gevolg van die ontploffing, is 19 persone gedood – 17 mans (8 swart, 9 wit) en 2 vrouens.

    Ernstige skade is aan geboue en voertuie in Kerkstraat-Wes tussen Bosman- en Schubartstraat aangerig. Die skade het ongeveer R4 000 000 in 1983-terme beloop.

    Tydens die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se werksaamhede is amnestie vir die Kerkstraatbom toegestaan aan Aboobaker Ismail, destydse hoof van Umkhonto we Sizwe se eenheid vir spesiale operasies, en Johannes Mnisi. Ten spyte daarvan dat die ANC reeds in die verlede erken het dat die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), se optrede “ten alle tye aan die politieke leierskap van die ANC onderhewig was”, het geen lid van die ANC se NUK van daardie tyd om amnestie vir die Kerkstraatbom aansoek gedoen nie.

    As die hoof van die Umkontho we Sizwe amnestie kan kry hoekom die boeremaglede nie…2 mate 2 gewigte?