Subscribe by Email

Bobbejane word in wippe gevang

bobbejane

By Graskop in Oos-Transvaal weet die inwoners nie herwaarts of derwaarts nie oor die sowat 60 staalhokke wat in ‘n denneplantasie opgerig is om bobbejane mee te vang. 

Die hokke is deur York Timbers opgerig wat nie wou sê wat met die bobbejane gaan gebeur nie. Die inwoners beweer dat hulle gewoonlik met ‘n kleinkalibergeweer soos ‘n .22 in die vanghok doogeskiet word.

Die verskoning is egter dat dit ‘n navorsingsprojek oor die beheer van probleembobbejane is. Dit is bekend dat bosbou-maatskappye en bobbejane nie goed oor die weg kom nie, aangesien die bobbejane die sagte toppies van die jong boompies afvreet of die bas van die bome stroop. 

Volgens Jan Muller van die Toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) is bobbejane verklaarde probleemdiere. Hy sê die besluit om hulle in wippe te vang word egter nie ligtelik geneem nie. Eers word die probleemtroppe geïdentifiseer en dan word navorsing gedoen voor ‘n besluit oor hulle toekoms geneem word.

Dit is nie bekend of die DBV betrokke is by die monitering van die projek nie.