Subscribe by Email

Blou Maandag vir SA Buspassasiers

Die beplande staking van busdiens werkers sal voortgaan vandag, volgens die Transport and Allied Workers’ Union of South African (Tawusa).

Voorheen was daar in die media gerapporteer dat daar ‘n ooreenkoms bereik was dat busdienste werkers ‘n 10% verhoging aanvaar het.

‘n Woordvoerder van Tawusa, Jabu Mndebele, het egter verklaar dat niks is nog geteken nie, en dat die staking dus voortgaan soos beplan. Hy het gewaarsku dat daar chaos vandag gaan wees wanneer pendelaars geen busdienste gaan kry om by hul werksplekke te kom nie.

Hy het ook vertel dat daar nog heelwat punte rondom die 10% salaris verhoging van werknemers is wat moet uitgeklaar word.