Subscribe by Email

Blonde blou-oog wit babadogter gebore vir swart ouerpaar.

Die baba dogter soos sy lyk.

’n Swart Nigeriese paartjie het mediese eksperts in ’n kopkrap situasie nadat die vrou geboorte gegee het aan ’n spierwit, blondehaar en blou-oog baba dogtertjie. Mediese eksperts het geen verduideliking hoe dit kon gebeur het nie. Dokters sê dat die kind beslis nie ’n Albino is nie, maar ’n dood normale, gesonde wit baba dogtertjie.

Benjamin en Angela Ihegboro, het 4 jaar gelede vanaf Nigerië in Brittanje gaan woon en die baba, Nmachi, is gebore in die Queen Mary hospital in Sidcup. Die ouerpaar, wat twee ander swart kinders het, is verbysterd oor hulle wit kind.

Genetiese professors was ook verstom oor die “wonderkind”. Professor Bryan Sykes, hoof van die genetiese afdeling by die Oxford Universiteit, sê dat dit wel moontlik kan wees dat so iets gebeur in ’n gemengde verhouding, maar in hierdie geval is beide ouers swart en daar is ook geen bewyse van gemengde voorgeslagte nie.