Subscribe by Email

Bloemfontein – Carols with the Stars

luke van der merwe mathys roets annadavel

n DAG of wat voordat die somervakansie aanbreek, wag ’n reuse-Kerskonsert met optredes van talle kunstenaars op mense.

Carols with the Stars, waarvan Bloemnuus die gedrukte mediaborg is, sal van die bekendste kunstenaars in die land na Bloemfontein bring. Op dié aand kry ’n Ford Ranger ook ’n baas.

So reg in die gees van Kersfees is dit ten bate van liefdadigheid.

Carols with the Stars is ’n projek van Pick n Pay Preller Walk wat deur Duncan Pentz en Dennis Folkey, mede-eienaars van dié winkel, begin is.

Hulle wou iets aan die gemeenskap teruggee en só het Carols with the Stars ontstaan.

Vyf liefdadigheidsinstansies is gekies om te ondersteun.

Hulle wil dit ’n jaarlikse gebeurtenis maak met van die beste Suid-Afrikaanse, maar ook plaaslike kunstenaars wat só die geleentheid kry om voor ’n groot gehoor op te tree.

Vanjaar kan mense onder meer kom luister na Mathys Roets, Danie Niehaus, Luke van der Merwe (kitaarspeler), Anna Davel, die Bloemfonteinse Mannekoor en die skoolkoor van Willem Postma.

Dié gesinsaand vind op Vrydag 21 November by die Laerskool Willem Postma plaas. Toegang is pasella.

Bring ’n piekniekmandjie en ’n kombers. Daar gaan kosstalletjies en ’n kinderafdeling met springkastele wees.

Die borge is Vodacom, Bloemnuus, Radio Rosetad, die Laerskool Willem Postma en Pick n Pay Preller Walk. Elkeen van die borge doen hul deel om blikkieskos in te samel om die Kerstyd vir minderbevoorregtes beter te maak.

Daar gaan by Pick n Pay Preller Walk houers wees waarin mense blikkieskos kan plaas, asook by die hekke op die aand van die konsert.

Die kos sal gelykop verdeel word en aan elke instansie as ’n skenking oorhandig word.

  • Vir meer besonderhede skryf aan ilse@metano.co.za.

3 Responses to Bloemfontein – Carols with the Stars

  1. Beatty

    November 21, 2014 at 5:28 pm

    Dié gesinsaand vind op Vrydag 21 November by die Laerskool Willem Postma plaas. Toegang is pasella.

    Bring ’n piekniekmandjie en ’n kombers. Daar gaan kosstalletjies en ’n kinderafdeling met springkastele wees.

    Die borge is Vodacom, Bloemnuus, Radio Rosetad, die Laerskool Willem Postma en Pick n Pay Preller Walk. Elkeen van die borge doen hul deel om blikkieskos in te samel om die Kerstyd vir minderbevoorregtes beter te maak.

    Daar gaan by Pick n Pay Preller Walk houers wees waarin mense blikkieskos kan plaas, asook by die hekke op die aand van die konsert.

    Die kos sal gelykop verdeel word en aan elke instansie as ’n skenking oorhandig word.

  2. Beatty

    November 21, 2014 at 5:27 pm

    Begin 17H00 vanaand

  3. Zelda Theron

    November 21, 2014 at 11:51 am

    Hi, wil net graag weet hoe laat Carols with Stars vanaand begin? Baie dankie. Zelda Theron 082 853 0999