Subscribe by Email

Blitsbokke wen brons op die Spele in Rio

1442687629931Suid-Afrika se Sewes-rugbyspan het die brons medalje verower op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro. Die Blitsbokke het in die halfeindronde met 7-5 teen Brittanje verloor en Japan daarna met 54-14 afgeransel in die uitspeelstryd om derde plek. Japan het in die voorlaaste ronde teen Fidji vasgeval, wat Brittanje daarna verslaan het om die goue medalje in te palm. Dit was Suid-Afrika se vierde medalje op die Spele.

Die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos het deurgedring na die eindronde van die 100 meter vlinderslag met die tweede vinnigste tyd in die halfeindronde. Hy kom môreoggend net na drie Suid-Afrikaanse tyd weer te staan teen die Amerikaner Michael Phelps, wat vroeër die week sy Olimpiese titel in die 200 vlinder by hom afgeneem het. Phelps het intussen sy 22ste goue medalje verower toe hy die 200 individuele wisselslag gewen het.