Subscribe by Email

Binneshuise krieket: SA Meesters Vroue stap weg met die louere

Die SA Meesters Vrouespan het onlangs deelgeneem aan die Meesters Wereldbeker Kampioenskap in Birmingham, Engeland. Ander lande wat deelgeneem het was onder andere New Zeeland en Australie.

Die semi-finaal was tussen New Zeeland en Suid Afrika waar tydens Suid Afrika New Zeeland oorwin het met ‘n telling van 108 teen 102.  Die finale rondte moes Suid Afrika Australie aanpak en Suid Afrika het besluit om eerste te kolf waar tydens hul vir Australie die mikpunt van 107 lopies gegee het.

Australie het dit probeer najaag en met die laaste boulbeurt nog net 8 lopies van 8 balle gehad om te oorwin. Die Suid Afrikaanse span was duidelik die gunstelinge omdat almal hulle aangemoedig het.  Aan die einde met nog net 18 lopies kort en 6 balle oor kon Australie net 10 lopies kry.  Dit beteken dat vir die heel eerste keer in Suid Afrika se aksie binnehuise krieket het die dames span ‘n Meesters toernooi gewen.

Die Suid Afrikaanse Vroue Meesters bedank al hulle ondersteuners en borge wat hierdie oorwinning moontlik gemaak het. Op die foto is:

Angela Wynne
Antoinette Pieterse
Elmarie Conradie
Feroza Isaacs
Helen Conradie (Speler van die Finaal)
Jene Le Grange
Magda Kotze
Monja Fourie
Ronel Oosthuizen
Yolanda Cornelius
Sandra Kolia (Visie Kaptein)
Talita Wiegand ( Kaptein)
gala-evening-1