Subscribe by Email

Bill Clinton gaan Muhammad Ali se begrafnis huldeblyk lewer

billDuisende mense bring vandag in Louisville in Kentucky eer aan sy bekendste inwoner, Muhammad Ali. Ali se begrafnisstoet sal dieselde roete volg as die parade nadat hy in 1960 by die Olimpiese Spele ‘n goue medalje gewen het. Die voormalige President Bill Clinton sal die huldeblyk lewer. Die akteur Will Smith, wat Ali in 2001 in die rolprent Ali gespeel het, en die voormalige swaargewig kampioen Lennox Lewis, sal kisdraers wees.