Subscribe by Email

Bheki Cele by ET se begrafnis

Bheki Cele

Die nasionale polisiehoof, Bheki Cele het sowat ’n uur gelede by die huis van die vermoorde AWB leier, Eugene Terre’Blanche opgedaag. Hy was verwelkom deur Andre Visagie, waarna hulle ’n vergadering binne die huis gehou het. Na verneem word, sal Cele later vandag die media toespreek.

Volgens berigte is daar 1000de roubeklaers wat by die APK kerk opgedaag het, om hulle laaste eerbetoon aan Eugene Terre’Blanche te gee. Die lykswa, wat kort voor 12:00 by die kerk opgedaag het, was omring deur begrafnisgangers en daar moes eers ’n pad afgesper word voordat die kis uit die voertuig gehaal kon word. By die kerk tree slegs vriende van Terre’Blanche as draers op. Hulle is mnre. Steyn van Ronge, Johan Potgieter, Andre Visagie, Dave Engelbrecht, Sankes Snyman, Danie Marais en Pottie Potgieter. By die graf sal mev. Terre’Blanche en haar dogter, Bea, as draers optree, asook Terre’Blanche se broer, swaer, neef, broerskind asook susterskind.

Aan die buitekant van die kerk is groot luidsprekers aangebring, sodat almal wat nie plek binne kan kry nie, ook die diens kan volg. Verskeie mense kamp op kampstoele uit buitekant die kerk.

Intussen het die kis sy weg tot binne-in die kerk gevind en die diens het begin.