Subscribe by Email

Beste safariparke in Afrika

malaVier Suid-Afrikaanse wildreservate is onder die eerste tien op ’n lys van 50 beste safariparke in Afrika.

Sake 24 sê hulle is MalaMala in Mpumalanga wat die grootste private wildreservaat in die land en nommer twee op die lys is;  Sabi Sand wat aan die Krugerwildtuin grens; Phinda — ’n private wildreservaat naby St. Lucia in KwaZulu-Natal;  en die Kgalagadi-oorgrenspark in die noorde van Suid-Afrika en suide van Botswana.

Dié park word deur SANParke bestuur.

Die Krugerwildtuin is in die 20ste plek al is dit die gewildste park.

Tanzanië se Serengeti Nasionale Park is nommer een.