Subscribe by Email

Besluit oor homofobiese pastoor verwelkom

Die minister van binnelandse sake se besluit om die omstrede homofobiese Amerikaanse prediker Steven Anderson toegang tot Suid-Afrika te weier, is uit verskeie oorde verwelkom. Malusi Gigaba sê Anderson is ‘n sogenaamde ongewenste persoon en die departement het ‘n plig om haat te verhoed. Anderson het onder meer al gesê homoseksuele mense moet die doodstraf kry, en dat die massamoord by ‘n gay-nagklub in die VSA hom nie pla nie. eNCAeNUUS