Subscribe by Email

Beroep vir ‘n lewenslange verbod op atlete wat opsetlik middels gebruik

Adam_Peaty-large_trans++es8uRVaFCuitWXcycGxfflhd8H3ODBFyQDO5LwQTONwDie Britse swemmer Adam Peaty het ‘n beroep gedoen vir ‘n lewenslange verbod op atlete wat opsetlik middels gebruik om hulle prestasie te verbeter. Die wêreldrekordhouer in die 50- en die 100 meter borsslag glo weeklikse opkikkertoetse is noodsaaklik om die sport opkikkervry te hou. Dit volg op bewerings van wydverspreide opkikkerprogramme in Rusland en Sjina. Swemmers kan tans net lewenslank geskors word as hulle na ‘n skorsing ‘n tweede opkikkertoets dop.