Subscribe by Email

Beroep op Vervolgingsgesag om SA-Roadlink busmaatskappy te vervolg

Afvaardigings van die Wes-Kaap se regering het besluit om die Nasionale Vervolgingsgesag te nader om die busmaatskappy SA-Roadlink te vervolg vir beweerde padverkeers oortredings.  Hulle doel is om dan al SA-Roadlink se permitte gekanselleer te kry, sou hulle vervolging van die maatskappy slaag.

Die busmaatskappy het vanaf Desember 2006 onder verskeie ondersoeke deurgeloop, wat verband hou met verskeie voorvalle.

  • In Desember 2006 is 12 mense dood in ’n ongeluk waarin ’n SA-Roadlink bus by betrokke was. Die busbestuurder was later vrygespreek van aanklagte teen hom.
  • In Januarie 2009 het Bheki Cele, toe hy nog deel was van die Departement van Vervoer in KZN, die busmaatskappy gebrandmerk as “ ’n moordmasjien” en “ ’n doodskis op wiele” en die maatskappy se permit om in KZN te werk, gekanselleer.
  • In Julie 2009, het 8-mense gesterf in nog ’n ongeluk waarin ’n SA-Roadlink bus by betrokke was in Beaufort-Wes.
  • Gedurende hierdie jaar was daar heelwat voorvalle waar SA-Roadlink busse onpadwaardig bevind was; of waar die busse geskut was, of waar ’n busbestuurder na bewering onder die invloed van alkohol bestuur het.
  • Hierdie week, op 27 April, is nog ’n SA-Roadlink bus afgetrek wat na bewering oorlaai was, waarna die busbestuurder 10 passasiers afgelaai het, maar volgens berigte weer later opgelaai het om verder te ry. Hy was daarna in hegtenis geneem.

Robin Carlisle van die Wes-Kaap se Vervoerdepartement sê dat hulle nou intensief daarop uitgaan om Roadlink busse wat in die Kaap ry, na te gaan, omdat onskuldige passasiers se lewens op die spel is. Hy sê hy sal ferm optree teen enige maatskappy wat profyt voor veiligheid plaas.

One Response to Beroep op Vervolgingsgesag om SA-Roadlink busmaatskappy te vervolg

  1. Trudie Lindeque

    Desember 22, 2011 at 12:37 pm

    Is daar enige manier waarop ‘n mens teen hierdie busdiens kan optree my kinders is al 17 ure op ‘n bus van Port Elizabeth af oppad Vereeniging toe die bus het anderkant Colesberg gebreek en nogsteeds ry hulle met die stukkende bus. Na ‘n gesukkel en vyf oproepe verder voor iemand darem terug gekom het net om te se hulle is nou eers in Bloemfontein. My kinders se cell batterye is al pap en hoe gaan ek weet hoe laat hulle hier is. Kan iemand my asb assisteer om teen die mense op te tree hulle neem geen lewe in ag nie.