Subscribe by Email

Beroep op regering – bevorder sake klimaat!

Divw-offices-large

Die motorvervaardiger Volkswagen Suid-Afrika, het ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n klimaat te skep wat bevorderlik is vir sake.

Die maatskappy se besturende direkteur, David Powell, sê daar is ‘n werklike risiko dat die produksie van nuwe voertuie weens onbestendige arbeid in die toekoms kan daal.

Powell het op Uitenhage tydens ‘n besoek van die Minister van Landbou, Mildred Oliphant, gesê plaaslike produksievolumes sal staties bly indien daar nie bestendigheid is nie.

Die Minister het op haar beurt gesê die regering sal die motorbedryf bystaan om aandag aan die tekort aan skaars vaardighede te gee. Sy sê daar is ‘n arbeids-aktiveringsprogram in haar Departement en die Departement van Hoër Onderwys word ook betrek.