Subscribe by Email

Bemarking op die Internet

Dit is belangrik om sover moontlik jou besigheid blootstelling te gee. Enige bemarking is beter as geen bemarking nie. Jy moet inligting oor jou diens of oor jou produk beskikbaar maak aan soveel mense as moontlik. Om op die web te bemark kan ‘n goedkoop oefening wees, maar dit kan ook ‘n baie duur oefening wees as jy dit nie reg bestuur nie.

Die mees bekende bemarkingsenjin op die Internet is verseker Google se Adsense. Jy registreer daarvoor by http://adsense.google.com. Jy skep dan basies vir jouself ‘n advertensie en deur ‘n paar keuses te maak begin jou advertensieveldtog sommer vinnig op die Internet. Wees net seker dat jy ‘n realistiese begroting kies en nie jou bemarking te outomaties maak nie. Jy kies die bedrag (in Dollars) wat jy per dag wil spandeer en indien jy nie mooi ‘n ogie hou nie begin die Dollars bymekaar tel en voor jy dit weet moet jy betaal. Dit is egter ‘n baie effektiewe bemarkingsplatform.

Die ander bemarkingsenjin wat ek baie hoog aanbeveel is Facebook se eie advertensies. Hierdie advertensies word op lede van Facebook se bladsye vertoon en met die ongelooflike groei van Facebook reg oor die wereld kan jy maar seker wees dat jou advertensies gesien sal word. Die opstel van hierdie advertensies is ook geweldig maklik om te doen. Jy moet self ‘n Facebook profiel he om op Facebook te bemark, maar jy sal die skakel onderaan die bladsy sien (ads and pages). Jy kan internasionaal bemark of selfs net in Suid-Afrika, jy het selfs die keuse of jy net wil he mans moet jou advertensies sien of dalk net vroue.

As jy ‘n paar rand het om te spandeer op bemarking is hierdie beslis jou belangrikste bemarkings veldtog tans. Dit is geweldig maklik om hierdie twee bemarkingsenjins te gebruik en indien jy ‘n maatskappy gaan huur om dit namens jou te doen gaan jy jou geld in die water gooi. Jy kan dit maklik self doen.

Nico Baird

2 Responses to Bemarking op die Internet

  1. nico meyer

    September 15, 2013 at 11:34 am

    Ek wil graag meer weet oor hoe ek ons produk op die internet kan bemark

  2. Annelie

    Mei 2, 2013 at 5:28 pm

    Ek wil graag meer leer oor facebook bemarking