Subscribe by Email

Beloning om ‘n piranha te vang – in China

“Dit is skrikwekkend om te dink daar is ‘n piranha in die rivier. Ek swem nie weer daarin nie,” haal ‘n Chinese koerant ‘n inwoner van Liuzhou aan nadat die stadsvaders ‘n beloning uitgeloof het vir die persoon wat ‘n piranha uit die Liujiangrivier getrek kry.

Uit die berig in die China Daily is dit nie duidelik of dit net een van die berugte getande visse is wat in die rivier beland het nie, en of daar meer rondswem nie. Die owerhede wil in ieder geval voorkom dat dié verskrikking van die Amasonegebied in die rivier versprei.

Om die vis te vang kry die hengelaar gratis aas, en as hy die gedierte aan die hoek kry, R1 234,00.

Foto: Thinstock
Herman Toerien