Subscribe by Email

Belgiese sentrum teen rassisme loop onder kritiek deur

Te veel personeellede van die Belgiese Sentrum vir Gelykheid van geleenthede en die bestryding van rassisme beskou die sentrum as ‘n inkwisisie van politiek-korrekte denke.

So sê ‘n voormalige voorsitter van die sentrum en gewese liberale senator, Hervé Hasquin.

“Die gedagtegang in die sentrum is nou minder vry as dertig jaar gelede,” sê Hasquin in ‘n aanval wat deur die Vlaamse pers as striemende kritiek beskryf word. Hy het aan die begin van September as voorsitter bedank. Hy beskuldig die sentrum daarvan dat dit personeel koöpteer en so die gedagtegang daarbinne beheer.

Volgens die jaarverslag vir 2007 het die sentrum in daardie jaar byna 3 000 klagtes oor diskriminasie ontvang, wat ‘n toename van 77 % op die vorige jaar was. Die meeste klagtes het oor diskriminasie op grond van etnisiteit, ras of nasionaliteit gehandel, naamlik 39 %, gevolg deur klagtes op grond van gestremdheid (11 %). Diskriminasie op grond van geloof het die derde plek afgeneem by diskriminasie teen homoseksuele, en haat-e-pos teen Moslems het drievoudig toegeneem.

In die jongste jaarverslag word rassisme steeds as die vernaamste grond vir klagtes gestyg, en het na bykans die helfte van alle klagtes toegeneem. Hoewel slegs ‘n vyfde van die klagtes nou oor diskriminasie op grond van gestremdheid handel, noem die sentrum dat hierdie klagtes steeds toeneem. Geloofsoortuigings, ouderdom en seksuele oriëntasie volg hierna.

Hoewel beweerde diskriminasie op grond van ras die meeste klagtes oplewer, fokus die sentrum nou jaarliks op ‘n ander aspek. In 2010, die jaar waaroor die laaste jaarverslag handel, fokus op diskriminasie op grond van geslagtelike oriëntasie of homofobie. Die vorige jaar het die fokus op diskriminasie op grond van gestremdheid gehandel.

Die interessantheid is dat die klagtes oor diskriminasie meestal handel oor behandeling wat die mense oor die internet beleef. Die werkplek en sosiale omgang speel ‘n kleiner rol – iets wat in Suid-Afrika dalk ook in die oog gehou moet word waar die internet ‘n aflaaiplek vir karakterskending en soortgelyke vitrioel geword het.

Tog meen Hasquin daar is ‘n gebrek aan pluraliteit onder die personeel se gedagtegang. Die direkteur van die sentrum, Jozef de Witte, het verbaas op die aantygings gereageer, en gemeld dat hy Hasquin die afgelope aantal jare wat hulle met mekaar te doene gehad het, nooit hoor kla het nie. Hy het ook ontken dat personeel anders as op meriete aangestel word.

“Ek het geen idee wat die man besiel nie” het De Witte volgens De Standaard gesê.

Herman Toerien